Australië kry nuwe wette ná Bondi Beach-skietery

Loading player...
Die Laerhuis van Australië se parlement het wette aanvaar om vuurwapens in dié land van eienaars terug te koop en aansoekers vir vuurwapenlisensies se agtergrond strenger na te gaan. Dit volg op die aanval op Bondi Beach in Desember tydens 'n Joodse fees waarin 15 mense dood is. Die terugkoopplan geld vir oortollige wapens en wapens wat pas onwettig verklaar is. Die Wet op die Bekamping van Jodehaat, Haat en Ekstremisme is ook aanvaar. Dié land se minister van Binnelandse Sake, Tony Burke, sê hulle gaan streng teen Jodehaat optree.
20 Jan 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

VSA-hoëlui in Pakistan; Iran weier direkte samesprekinge

President Donald Trump se spesiale gesant Steve Witkoff en presidensiële adviseur Jared Kushner word vandag in Pakistan verwag vir samesprekings oor die Iran-oorlog. Withuis-woordvoerder Karoline Leavitt het Vrydag gesê Teheran het bereidwilligheid tot ‘n gesprek getoon, terwyl visepresident JD Vance gereed staan om te reis indien daar vordering gemaak word…
25 Apr 1AM 1 min

Copps 94.1: Drankduiwel listig in hoofstad

Die drankduiwel het Vrydagaand rooi ligte helder in Windhoek laat flikker met die Copps 94.1-span, in samewerking met die Namibiese polisie, wat sommer uit die staanspoor met ‘n oënskynlik besope jong man moes huishou wat groot amok gemaak het. In nóg ‘n voorval het ‘n groep jong meisies ook hard…
25 Apr 12AM 1 min

Maak reg vir reën dié naweek

Dié naweek kan daar reën verwag word maar voorspellings verskil, met sommige wat dui op donderstorms en ander op matige reënval. Dit warm ook effe op. Kosmos 94.1 Nuus het met Albertina Anderson, weerkenner van die Namibiese Metereologiese Diens gepraat.
24 Apr 11AM 1 min