Beleid moet na aksie oorgaan om werkkrisis te verlig

Loading player...
Die Wêreld Ekonomiese Forum het 'n gebrek aan ekonomiese geleenthede en werkloosheid geïdentifiseer as een van die top vyf risiko's waarmee Namibië in 2026 te kampe het. Dit het inkomste- en welvaartsongelykheid, stygende skuldvlakke, onvoldoende openbare dienste, misdaad en onwettige aktiwiteite gelys as volgehoue uitdagings wat die land na verwagting deur die jaar sal ondervind. Kosmos 94.1 Nuus het met arbeidsdeskundige Herbert Jauch gepraat wat sê Namibië moet wegbeweeg van beleid na aksie om meer geleenthede vir jongmense te skep.
20 Jan 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Copps 94.1: Drankduiwel listig in hoofstad

Die drankduiwel het Vrydagaand rooi ligte helder in Windhoek laat flikker met die Copps 94.1-span, in samewerking met die Namibiese polisie, wat sommer uit die staanspoor met ‘n oënskynlik besope jong man moes huishou wat groot amok gemaak het. In nóg ‘n voorval het ‘n groep jong meisies ook hard…
25 Apr 12AM 1 min

Maak reg vir reën dié naweek

Dié naweek kan daar reën verwag word maar voorspellings verskil, met sommige wat dui op donderstorms en ander op matige reënval. Dit warm ook effe op. Kosmos 94.1 Nuus het met Albertina Anderson, weerkenner van die Namibiese Metereologiese Diens gepraat.
24 Apr 11AM 1 min

Gesprekke met Iran moet kerndeskundiges insluit: EU

Die Europese Unie waarsku gesprekke met Iran moet kerndeskundiges insluit, anders kan dit 'n swakker ooreenkoms wees as 2015 se omvattende aksieplan. Dit is goedgekeur deur die administrasie van die destydse Amerikaanse president, Barack Obama. Iran het ingestem om sy sensitiewe kernbedrywighede te beperk en internasionale inspekteurs toe te laat…
24 Apr 11AM 1 min