Die DA sê die minister van verdediging en militêre veterane, Angie Motshekga, het geweier om te bevestig of president Cyril Ramaphosa Iran se deelname aan die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag se oefening, Will for Peace, goedgekeur het. Die parlementêre opmerking kom te midde van diplomatieke en veiligheidskommer oor Iranse vlootvaartuie wat…
Die Hai||om Vereniging, wat in 2024 gestig is om die inheemse Hai||om bevolking te verteenwoordig in die nastrewing van hul historiese grond- en verwante regte, het 'n reuse-regsgeding teen die regering aanhangig gemaak. Die Hai||om, die grootste San-groepering in Namibië, eis vergoeding van 2,8 triljoen Namibiese dollar vir voorvaderlike grond…
Die Walvisbaai-korridorgroep sê 700 SAOG-vragmotorbestuurders is gedwing om alternatiewe roetes na die Demokratiese Republiek van die Kongo te neem nadat swaar reën 'n belangrike brug by die Kasumbalesa-grenspos in Zambië vernietig het. Die brug se ineenstorting het die vervoer van mynbou-insette, brandstof, mineraaluitvoere en handel in die streek vertraag. Kosmos…
Die eerste been van die Enduro-nasionale motorfietskampioenskappe is in volle swang by Yellowstone Trails in Windhoek, waar 63 jaers met hul vernuf op hul ysterperde spog. Kosmos 94.1 se Francois Lottering is op die toneel en het met die verdedigende kampioen, Quinton Z van Rooyen, gepraat:
Yellowstone Trails in Windhoek is ‘n miernes van bedrywighede met die eerste been van die Enduro-nasionale motorfietskampioenskappe wat vanoggend begin het. Altesaam 63 deelnemers gaan sake uitspook, met die Enduro-2025-kampioen, Quinton Z van Rooyen, wat sy titel verdedig. Kosmos 94.1 se Francois Lottering monitor die aksie en doen verslag:
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.