Nuwe toegangsgelde by nasionale parke, bewaringsgebiede

Loading player...
Na konsultasies met belanghebbendes in die bedryf het die omgewingsministerie hersiene toegangsgelde by nasionale parke en bewaringsgebiede aangekondig. Buitelandse en Namibiese kinders onder die ouderdom van 16 kan die fasiliteite gratis binnegaan, terwyl pryse wissel van so laag as 20 Namibiese dollar vir volwassenes tot so hoog soos 280 dollar. Voertuigtoegangsgelde is so laag as 50 dollar en hoog soos 1 000 dollar. Woordvoerder van die ministerie, Vilho Hangula, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die volledige lys op hul webwerf beskikbaar is:
21 Jan 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Vasvat van korrupte regeringslui nie goed genoeg, sê GOOD

Die GOOD-party sê senior regeringsamptenare word nie genoeg aanspreeklik gehou vir die misbruik van openbare fondse nie. Die party voer aan daar is te min optrede teen onreëlmatige besteding en dit word nie nie konsekwent regoor die regering toegepas nie. Die sekretaris-generaal van GOOD, Brett Herron, sê die saak van…
25 Apr 2AM 1 min

VSA-hoëlui in Pakistan; Iran weier direkte samesprekinge

President Donald Trump se spesiale gesant Steve Witkoff en presidensiële adviseur Jared Kushner word vandag in Pakistan verwag vir samesprekings oor die Iran-oorlog. Withuis-woordvoerder Karoline Leavitt het Vrydag gesê Teheran het bereidwilligheid tot ‘n gesprek getoon, terwyl visepresident JD Vance gereed staan om te reis indien daar vordering gemaak word…
25 Apr 1AM 1 min

Copps 94.1: Drankduiwel listig in hoofstad

Die drankduiwel het Vrydagaand rooi ligte helder in Windhoek laat flikker met die Copps 94.1-span, in samewerking met die Namibiese polisie, wat sommer uit die staanspoor met ‘n oënskynlik besope jong man moes huishou wat groot amok gemaak het. In nóg ‘n voorval het ‘n groep jong meisies ook hard…
25 Apr 12AM 1 min