Woord vir Vandag - 5 Feb 2026

Loading player...
Donderdag 5 Februarie
“…sonder om julle met iemand anders te vergelyk.” Galasiërs 6:4 NLV
Moenie jouself met ander vergelyk nie
Paulus het geskryf: ‘Daarom moet julle almal eerder julle eie gedrag toets. Dan kan julle op julleself trots wees, sonder om julle met iemand anders te vergelyk. Ons weet tog: Almal sal oor hulleself verantwoording moet doen’ (verse 4-5 NLV). Jesus het hierop aangedring. Na sy opstanding het Jesus aan sommige van sy volgelinge verskyn. Hy het Petrus ‘n spesifieke opdrag gegee wat groot opoffering ingesluit het. Petrus het gereageer deur na Johannes te wys en te vra: ‘...’Wat van hom, Here?’ Jesus reageer daarop: ‘As Ek wil hê dat hy moet bly leef totdat Ek terugkeer, wat het dit met jou te doen? Volg jy net vir My!’’ (Johannes 21:21-22 NLV). Met ander woorde, bly op jou eie opdrag gefokus. ‘n Seuntjie met die naam Adam wou soos sy vriend Bobby wees. Adam was mal oor hoe Bobby geloop en gepraat het. Bobby wou egter soos Charlie wees. Iets omtrent Charlie se tred en aksent het hom gefassineer. Charlie, aan die ander kant, was beïndruk met Danny. Charlie wou soos hy lyk en klink. Danny het egter ook ‘n held gehad: Adam. Hy wou net soos Adam wees. So, Adam het Bobby nageboots, wat Charlie nageboots het, wat Danny nageboots het, wat Adam nageboots het. Dit blyk dat al wat Adam moes doen, was om homself te wees! Jy kan by ander mense leer, maar jy kan slegs vreugde en vervulling in wie God jou geskape het om te wees, vind. Bly dus in jou eie baan. Hardloop jou eie wedloop. God sal jou nie volgens die talente van ander evalueer en beloon nie, maar volgens hoe getrou jy met die gawes wat Hy jou gegee het, was. Jy is nie verantwoordelik vir die aard van jou gawes nie, maar vir hoe jy dit gebruik.
22 Jan English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 18 March 2026

“Transformed…from glory to glory…by the Spirit of the Lord.” 2 Corinthians 3:18 NKJV Live from “glory to glory” Beginning in 2007, the REVEAL research project surveyed the members of more than a thousand churches. They wanted to determine the percentage of churchgoers who are actually propelled by their faith to…
3 Mar 1 min

Woord vir Vandag - 18 Maart 2026

“…Ons word al meer verander om aan die beeld van Christus gelyk te word. Die heerlikheid wat van ons uitstraal, neem steeds toe. Dit doen die Here wat die Gees is.’ 2 Korintiërs 3:18 AFR20 Neem in ‘heerlikheid’ toe Vanaf 2007 het die REVEAL-navorsingsprojek die gemeentelede van meer as ‘n…
3 Mar 2 min

Word for Today - 17 March 2026

“I sought the Lord, and He…delivered me from all my fears.” Psalm 34:4 NKJV A prayer for God-confidence Father, I come boldly before Your throne of grace to obtain mercy and find grace for deliverance from emotional insecurity (see Hebrews 4:16). Your Word says You will make all Your grace…
3 Mar 2 min

Woord vir Vandag - 17 Maart 2026

“Ek het tot die Here gebid en Hy het my geantwoord. Hy het my bevry van alles waarvoor ek bang is.” Psalm 34:5 NLV ‘n Gebed vir vertroue in die Here Vader, ek kom met vrymoedigheid voor u troon om barmhartigheid en genade te verkry om van emosionele onsekerheid verlos…
3 Mar 2 min

Word for Today - 16 March 2026

“Lord…open his eyes that he may see.” 2 Kings 6:17 NKJV Be sensitive to God’s presence One morning in a city called Dothan, a servant of the prophet Elisha awoke and was terrified because an enemy army surrounded him and his boss. “What shall we do?” he cried. Elisha told…
3 Mar 1 min