Woord vir Vandag - 14 Feb 2026

Loading player...
“…Hulle het egter nie by die Here gaan raad vra nie.” Josua 9:14 NLV
Raadpleeg God oor alles
Leef met jou ore op die hemel gespits: ‘Kom hierdie geleentheid van U, God?’ ‘Is U betrokke by hierdie onderneming, God?’ ‘Moet ek hierdie pad neem, God?’ Eenkeer het Josua dit nie gedoen nie en duur daarvoor betaal. ‘n Groep vreemdelinge het die kamp van Israel binnegegaan en gesê: ‘…Ons kom van ‘n baie ver land af…’ (vers 9 NLV). Hierdie vreemdelinge het klaarblyklik geweet dat God se wet spesiale voorsiening gemaak het vir stede buite Kanaän (sien Deuteronomium 20:10-12). Enige stad wat instem om ‘n vredesverdrag met Israel te sluit, sou gespaar word. Dus het hierdie vreemdelinge besluit om die Israeliete te mislei. Drie dae het verbygegaan voordat Josua besef het dat hulle vir hom gelieg het. Hierdie mense was nie van ‘n verre land nie; hulle was van Gibeon, net ‘n dag se stap weg. Josua het dus ‘n verdrag met die vyand gesluit, omdat hy nie eers vir God geraadpleeg het nie. Ons moet uit Josua se fout leer. Ons vyand vermom homself ook om ons kamp binne te kom: ‘…Die Satan self gee immers voor dat hy ‘n engel van die lig is’ (2 Korintiërs 11:14 NLV). Hy is listig. Daarom is dit noodsaaklik dat ons God in alles raadpleeg. Ons moet God by elke besluit en kruispad erken, na Hom luister en vir Hom vra: ‘Moet ek regs of links draai?’ Dawid het gesê dat God se Woord ‘n lamp vir ons voete is (sien Psalm 119:105), nie ‘n kollig op die toekoms nie. Hy gee ons genoeg lig om die volgende stap te neem. Wanneer ons bid, spreek Hy tot ons harte: ‘Jy sal ‘n stem hoor sê: ‘Hier is die regte pad. Draai om en loop hierlangs’ (Jesaja 30:21 NLV). Raadpleeg God dus oor alles.
22 Jan English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 27 Mei 2026

“…Meneer, gee my van hierdie water sodat ek nie weer dors word… nie.” Johannes 4:15 NLV Christus kan jou siel bevredig Sy het in Samaria gewoon, was vyf keer getroud en het nou saam met ‘n man gewoon wat nie haar eggenoot was nie. Miskien het mense vreeslik oor haar…
22 Apr 1 min

Word for Today - 30 June 2026

“Whatever your hand finds to do, do it with your might.” Ecclesiastes 9:10 NKJV Spiritual pathways (5) The activist pathway. When you’re on this spiritual pathway, you have a high level of energy. This may be one of your favourite Scriptures: “Whatever your hand finds to do, do it with…
22 May 1 min

Woord vir Vandag - 30 Junie 2026

“Doen met toewyding alles wat jou hand vind om te doen…” Prediker 9:10 NLV Geestelike paaie (5) Die aktivispad. Wanneer jy op hierdie geestelike pad is, het jy ‘n hoë vlak van energie. Die volgende mag dalk een van jou gunsteling Skrifgedeeltes wees: ‘Doen met toewyding alles wat jou hand…
22 May 1 min

Word for Today - 29 June 2026

“I was glad when they said to me, ‘Let us go into the house of the Lord.’” Psalm 122:1 NKJV Spiritual pathways (4) The worship pathway. When you’re on the worship pathway, you resonate with the Psalmist: “I was glad when they said to me, ‘Let us go into the…
22 May 1 min

Woord vir Vandag - 29 Junie 2026

“Ek was bly toe hulle vir my gesê het: ‘Kom ons gaan na die huis van die Here.’” Psalm 122:1 NLV Geestelike paaie (4) Die aanbiddingspad. Wanneer jy op die aanbiddingspad is, vind jy aanklank by die Psalmdigter: ‘Ek was bly toe hulle vir my gesê het: ‘Kom ons gaan…
22 May 2 min