Venus se nasionale werkskepping sal gering wees

Loading player...
Reaksie kom in oor die finale omgewings- en maatskaplike impakbepalingsverslag vir die voorgestelde ontwikkeling van die Venus-olieveldprojek. Volgens die verslag sal die indiensnemingsimpak van die projek klein wees op nasionale vlak. In die konstruksiefase sal na raming 2 500 werksgeleenthede geskep word, waarvan 2 000 indirek geskep word by maatskappye wat olie- en gasprojekte ondersteun, soos arbeidsmagdienste, vervoer en logistiek. Namcor en Venus sê hulle glo in deursigtigheid. Kosmos 94.1 Nuus het met Namcor se Paulo Coelho gepraat.
22 Jan 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Motorsport: Namibië se Slamet-legendes jaag op Killarney

Alle motorsportliefhebbers se oë is vandag op die Killarney-renbaan in Kaapstad waar Namibië se Slamet-legendes in die tweede ronde van die Power-reeks deelneem. Veral Richard Slamet junior se terugkeer na Kaapstad ná 13 jaar wek belangstelling. Francois Lottering van Kosmos 94.1 het meer:
7 Mar 12AM 1 min

Copps 94.1: Vroue-straatverkopers sukkel om brood op tafel te hou

Windhoekers het Vrydagaand in hul spoor getrap met Copps 94.1 en die Namibiese polisie wat ‘n wakende oog oor die hoofstad gehou het. Met die naglewe onder beheer, het die Copps 94.1-span ‘n draai by die Otjimuise-informele mark gaan maak, waar die lot van vroue wat laatnag spook om ‘n…
6 Mar 11PM 1 min

FNB Namibië is Beste Buitelandse Valutabank in Namibië

FNB Namibië is erken as die land se voorste bank vir die fasilitering van naatlose oorgrenshandel en internasionale finansiële vloei vir invoerders, uitvoerders, beleggers en individue. Die bank is aangewys as die Beste Buitelandse Valutabank in Namibië in Global Finance-tydskrif se 26ste Jaarlikse Wêreld se Beste Buitelandse Valutabanke-toekennings. FNB-woordvoerder Kirsty…
6 Mar 10AM 1 min

SA regering voorsien R1,4 miljard vir BKS-optrede

Die minister van Landbou, John Steenhuisen, het bevestig die regering het 1,4-miljard Suid-Afrikaanse rand voorsien om bek-en-klouseer te beveg, terwyl bykomende befondsing versoek is. Die regering betaal die inentings ten volle as deel van 'n nasionale veldtog. Steenhuisen sê entstowwe wat vanaf Argentinië en Turkye verkry is, word reeds oor…
6 Mar 10AM 1 min