LGBT-moord in hoërhof, saak skop af

Loading player...
Die twee mans wat daarvan beskuldig word dat hulle die 30-jarige transgender vrou Christof “Sexy Charmy” Fredericks in Mei 2024 vermoor het, het hul eerste verskyning in die Windhoekse hoërhof gemaak. Mervin Beukes en Elias Namwandi Nandomba word aangekla van moord, verkragting, die skending van 'n dooie liggaam en regsverydeling. Die moord is gepleeg na die aanvaarding van anti-LGBT-wette en 'n vlaag haatmisdade teen LGBT-persone. Regter Hannelie Prinsloo het die verhoor tot 18 Februarie uitgestel en die verdagtes bly in aanhouding. Kosmos 94.1 Nuus het met Patrick Reissner van Equal Namibia gepraat.
23 Jan 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Eerste Savanna-vleis op pad na Europese tafels

Savanna Beef se eerste uitbesending van 24 ton bevrore beesvleis het Vrydagaand uit die Walvisbaaise hawe na Rotterdam vertrek. Dit volg ná die groep onlangs sy uitvoersertifisering na die Verenigde Koninkryk, Europese Unie en Europese Vryhandelsvereniging-markte bekom het en verslagting vir uitvoere sowat twee weke gelede begin het. Romé Mostert,…
25 Apr 6AM 1 min

Brandstofkrisis bedreig lugvaart in SAOG

Die Lugdiensvereniging van Suider-Afrika het ernstige kommer uitgespreek oor 'n groeiende stralerbrandstofkrisis wat lugreise regoor die SAOG-streek bedreig, met kritiese onsekerheid oor voorrade na Mei vanjaar. Die krisis spruit uit die konflik tussen die VSA, Israel en Iran, wat Golf-verskepings ontwrig het en stralerbrandstofpryse die hoogte laat inskiet het. Dit…
25 Apr 6AM 1 min

G'n genade vir xenofobiese aanvallers in SA, sê polisieministerie

Die ministerie van polisie het onlangse xenofobiese aanvalle en intimidasie van Ghanese en ander buitelandse burgers in Suid-Afrika, sterk veroordeel. Die waarnemende minister van polisie, Firoz Cachalia, sê die dade is onwettig en druis in teen die land se grondwetlike waardes van waardigheid en menseregte. Die woordvoerder van die ministerie,…
25 Apr 4AM 1 min

Regering werskaf met noodvoedsel in Zambezi

Zambezi-goewerneur Dorothy Kabula sê pogings is aangewend om te verseker dat die noodhulpvoedsel van die Kantoor van die Eerste Minister vloedgeteisterde gemeenskappe in afgeleë gebiede bereik. Dit is te midde van kommer dat die vervoer van sakke rys, kookolie en ingemaakte vis 'n uitdaging is in afgesnyde gemeenskappe wat erg…
25 Apr 4AM 1 min

Vasvat van korrupte regeringslui nie goed genoeg, sê GOOD

Die GOOD-party sê senior regeringsamptenare word nie genoeg aanspreeklik gehou vir die misbruik van openbare fondse nie. Die party voer aan daar is te min optrede teen onreëlmatige besteding en dit word nie nie konsekwent regoor die regering toegepas nie. Die sekretaris-generaal van GOOD, Brett Herron, sê die saak van…
25 Apr 2AM 1 min