Die Auas Hills Aftreeoord hou Saterdag hul jaarlikse markdag. Die aftreeoord bied ook versoringsdienste vir verswakte bejaardes. Rita van Vuuren van die beplanningskomitee nooi die publiek uit om die markdag by te woon wat ook versorging van pasiënte sal ondersteun. Van Vuuren het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Die parlement ondersoek wat hy beskryf as die groeiende oorheersing van die Nederlandse oliereus Vitol Group in Namibië se stroomaf brandstofmark. IPC-parlementslid Rodney Cloete het kommer uitgespreek dat die maatskappy, deur middel van filiale en gesamentlike ondernemings tussen 75 en 95 persent van die land se brandstofvoorraad kan beheer. Cloete…
Reaksie word ontvang op Onafhanklikheidsdag op 21 Maart wat vanjaar amptelik in al 14 streke gevier sal word, en altesaam 3,5 miljoen Namibiese dollar gaan kos. Met gebeure in die Midde-Ooste wat die wêreldekonomie op die agtervoet het, voel opposisie-partye dat die land se prioriteite nie reg is nie. LPM-woordvoerder…
Iran het die Straat van Hormuz gesluit vir skeepvaart, en volgens berigte begin skepe ook die Suez-kanaal en Rooisee vermy weens die oorlog in die Midde-Ooste. Verskepingsmaatskappye het reeds begin om hul skepe vanaf die Ooste na Europa en Suid-Amerika om die Kaap die Goeie Hoop te herlei. Dit beteken…
Die landbou-organisasie TLU SA is bekommerd oor die huidige tempo en rigting waarin die regering die bek-en-klouseer-uitbreking bestuur. Die organisasie is deel van die Bek-en-Klouseer-bedryfskoördineringsraad wat die landbouminister, John Steenhuisen, gestig het vir 'n gekoördineerde poging ter ondersteuning van die gefaseerde instel van die strategie. Woordvoerder Caria van der Merwe…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.