Franse president Emmanuel Macron het vandeesweek aangekondig die land se kernarsenaal gaan versterk word. Hy sê dit is in reaksie op 'n toenemend onstabiele strategiese omgewing, en dat die volgende 50 jaar 'n era van kernwapens sal wees. Dit kom te midde van die oorlog tussen Israel en Amerika teen…
Die Organisasie teen Belastingmisbruik, sê hul twee jaar lange ondersoek het ernstige swakhede in die akkommodasiestelsel van die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente ontbloot. Die organisasie het bestuursmislukkings, akkreditasiefoute en korrupsierisiko's gevind, met sommige eiendomme wat gelys word as huisvesting vir honderde studente, wat blykbaar gewone privaat huise is. Rudie…
Die LUR vir Samewerkende Regering en Tradisionele Sake in KwaZulu-Natal, Thulasizwe Buthelezi, het alle rampbestuurspanne op hoë gereedheidsgrondslag geplaas in afwagting van hewige storms vandag. 'n Vlak vier waarskuwing deur die Suid-Afrikaanse Weerdiens voorspel swaar reën, skadelike winde en weerlig oor 'n groot deel van die provinsie, insluitend eThekwini, Pietermaritzburg,…
Die Wêreldgesondheids-organisasie sê meer as 'n duisend mense is dood in die toenemende konflik in die Midde-Ooste. Meer as 100 000 mense is ontwortel en 16 lande word geraak. Werksaamhede is tans gestaak by die WGO se logistieke hoofkantoor vir globale gesondheids-noodgevalle in Dubai. Direkteur-generaal Tedros Ghebreyesus sê hulle het…
Terwyl die wêreld Internasionale Vrouedag op 8 Maart vier, word die finansiële sektor aangespoor om te heroorweeg hoe dit vroue in die sakewêreld ondersteun. Connie-Marlene Theyse, Access Bank se uitvoerende hoof van korporatiewe bankwese, sê vanjaar se wêreldwye fokus op #GiveToGain moet verder as viering en na konkrete aksie beweeg…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.