Dalk het jy onopgeëiste aftree- en pensioengeld

Loading player...
Duisende Namibiërs sit dalk met onopgeëiste aftree- en pensioengeld en hulle weet dit dalk nie eens nie. Fondse wat behoort aan voormalige werknemers wat van werk verander het, verhuis het of rekords verloor het, word nou deur IT Solutions opgespoor. Verbruikerskenner Milton Louw doen 'n beroep op enigiemand wat dink hulle, of iemand wat hulle ken, kan geraak word om na vore te kom en die eisproses te begin.
1 Feb 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Kenner gee raad oor boskos

Die winter kruip nader en aandag verskuif na boskos en die rol daarvan om diere gesond te hou. Boere en bewaringsbewustes dink aan hoe die winter wild en vee beïnvloed, en of natuurlike voedselbronne genoeg is om hulle deur die koue maande te help. Kosmos 94.1 Nuus het met dr…
26 Apr 12AM 1 min

Eerste Savanna-vleis op pad na Europese tafels

Savanna Beef se eerste uitbesending van 24 ton bevrore beesvleis het Vrydagaand uit die Walvisbaaise hawe na Rotterdam vertrek. Dit volg ná die groep onlangs sy uitvoersertifisering na die Verenigde Koninkryk, Europese Unie en Europese Vryhandelsvereniging-markte bekom het en verslagting vir uitvoere sowat twee weke gelede begin het. Romé Mostert,…
25 Apr 6AM 1 min

Brandstofkrisis bedreig lugvaart in SAOG

Die Lugdiensvereniging van Suider-Afrika het ernstige kommer uitgespreek oor 'n groeiende stralerbrandstofkrisis wat lugreise regoor die SAOG-streek bedreig, met kritiese onsekerheid oor voorrade na Mei vanjaar. Die krisis spruit uit die konflik tussen die VSA, Israel en Iran, wat Golf-verskepings ontwrig het en stralerbrandstofpryse die hoogte laat inskiet het. Dit…
25 Apr 6AM 1 min

G'n genade vir xenofobiese aanvallers in SA, sê polisieministerie

Die ministerie van polisie het onlangse xenofobiese aanvalle en intimidasie van Ghanese en ander buitelandse burgers in Suid-Afrika, sterk veroordeel. Die waarnemende minister van polisie, Firoz Cachalia, sê die dade is onwettig en druis in teen die land se grondwetlike waardes van waardigheid en menseregte. Die woordvoerder van die ministerie,…
25 Apr 4AM 1 min

Regering werskaf met noodvoedsel in Zambezi

Zambezi-goewerneur Dorothy Kabula sê pogings is aangewend om te verseker dat die noodhulpvoedsel van die Kantoor van die Eerste Minister vloedgeteisterde gemeenskappe in afgeleë gebiede bereik. Dit is te midde van kommer dat die vervoer van sakke rys, kookolie en ingemaakte vis 'n uitdaging is in afgesnyde gemeenskappe wat erg…
25 Apr 4AM 1 min