FMD Support Fund plaaslik gestig

Loading player...
'n Nuwe ondersteuningsfonds vir bek-en-klouseer, gesteun deur die privaatsektor en boere-unies, is gestig om die veeartsenydirektoraat te ondersteun in die beskerming van die land se bek-en-klouseer-vrye status. Die FMD Support Fund is daarop gemik om toesig te versterk, vee in te ent en uitbrekings te voorkom. Kosmos 94.1 Nuus het met projekbestuurder dr. Ingrid Henckert-Weissnar gepraat, wat sê die aanvanklike teiken is om 50 miljoen Namibiese dollar te bekom.
3 Feb 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Lamola dring aan op oplossing in Lungu-begrafnisgeskil

Die minister van internasionale betrekkinge en samewerking, Ronald Lamola, het die Zambiese regering en voormalige president Edgar Lungu se familie versoek om hul begrafnisgeskil vriendskaplik buite die hof te skik. Die dooiepunt duur al meer as tien maande na Lungu se dood in Pretoria in Junie 2025. Lamola het aan…
26 Apr 4AM 1 min

EV-laaistasies moet geregistreer wees

Stad Windhoek het aangekondig dat die registrasie van laaistasies vir elektriese voertuie nou verpligtend is, om effektiewe lasbestuur te ondersteun en die kwaliteit van voorsiening te handhaaf. Enige laaipunt vir elektriese voertuie wat die 3,7 kilowatt kapasiteit van 'n standaard huishoudelike sok oorskry, moet deur 'n geregistreerde elektriese kontrakteur geregistreer…
26 Apr 2AM 1 min

Trump na veiligheid gehaas ná skietery by dinee

President Donald Trump en eerste dame Melania Trump is Saterdagaand inderhaas deur geheime diensagente uit die Withuis-korrespondentevereniging se dinee geneem, ná 'n man met 'n haelgeweer probeer het om die lokaal binne te kom. Die gewapende man het op 'n lid van die geheime diens geskiet wat nie beseer is…
26 Apr 1AM 1 min

Kenner gee raad oor boskos

Die winter kruip nader en aandag verskuif na boskos en die rol daarvan om diere gesond te hou. Boere en bewaringsbewustes dink aan hoe die winter wild en vee beïnvloed, en of natuurlike voedselbronne genoeg is om hulle deur die koue maande te help. Kosmos 94.1 Nuus het met dr…
26 Apr 12AM 1 min

Eerste Savanna-vleis op pad na Europese tafels

Savanna Beef se eerste uitbesending van 24 ton bevrore beesvleis het Vrydagaand uit die Walvisbaaise hawe na Rotterdam vertrek. Dit volg ná die groep onlangs sy uitvoersertifisering na die Verenigde Koninkryk, Europese Unie en Europese Vryhandelsvereniging-markte bekom het en verslagting vir uitvoere sowat twee weke gelede begin het. Romé Mostert,…
25 Apr 6AM 1 min