Wetsontwerp vir universele gesondheidsdekking neem vorm aan

Loading player...
Namibië gaan voort met planne om universele gesondheidsdekking van stapel te stuur. Die gesondheidministerie het konsultasies begin oor die voorgestelde wetsontwerp daaroor, wat daarop gemik is om te verseker dat alle Namibiërs toegang tot noodsaaklike gesondheidsdienste kan kry sonder om finansiële probleme te ondervind. Ministeriewoordvoerder Walters Kamaya het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
3 Feb 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Vliegongeluk-oorledenes was Britse navorsers

Die Erongo-polisie het 'n opdatering van die dodelike vliegongeluk naby Gobabeb gegee. Die oorledenes was twee Britse navorsers, die 62-jarige Alan Martin Wilson en die 63-jarige Neil Thomas Oakman. Hulle en nog 'n Britse navorser, John Lowe, het op 25 Februarie in die land aangekom om navorsingswerk by Gobabeb te…
5 Mar 8AM 1 min

Mugabe Jnr. Se saak uitgestel weens kragonderbreking

Die saak van poging tot moord teen die voormalige Zimbabwiese president Robert Mugabe se seun, Bellarmine, en Tobias Matonhodze is tot Woensdag uitgestel ná 'n kragonderbreking in die landdroshof in Alexandra, Johannesburg. Die twee is in hegtenis geneem ná 'n skietvoorval by hul woning in Hydepark. Die verdediging se advokaat,…
5 Mar 8AM 1 min

Eerste waterstofaangedrewe vraglokomotief op pad

CMB.TECH Namibia het aangekondig dat die eerste waterstofaangedrewe vraglokomotief vanjaar in Namibië sal aankom, met die finale montering wat in Suid-Afrika gedoen word. Om in vennootskap met TransNamib en Africa Global Logistics te werk, beoog die lokomotief om aanvanklik 50 retoerritte tussen die Walvisbaai-hawe en die houerdepot naby Windhoek gedurende…
5 Mar 7AM 1 min

SA dalk in F1-visier weens Midde Ooste-oorlog

Motorsport: Sportminister Gayton McKenzie sê finansiële waarborge is verseker en Suid-Afrika gaan voort met pogings om op die Formule Een-program ingesluit te word. Sy departement het regeringswaarborge van 2,1-miljoen Suid-Afrikaanse rand bekom en borgskappe, meestal uit die privaat sektor, staan op 1,7-miljard-rand. McKenzie sê Suid-Afrika kan weens die konflik in…
5 Mar 7AM 1 min

Saftu wil weet van buitengewone verhoging vir Sekretaris van Parlement

Die vakbondfederasie Saftu het kommer uitgespreek oor die buitengewone verhoging in die sekretaris van die Parlement se vergoeding. Na wat berig word is Xolile George se salaris oor 'n tydperk van net meer as 17 maande van 2,6 miljoen Suid-Afrikaanse rand tot meer as 4 miljoen verhoog, wat 'n styging…
5 Mar 5AM 1 min