Maak só as jaarlikse jagopgawes nie ingedien is nie

Loading player...
Professionele jagters wat die sperdatum van 30 November vir die indien van hul jaarlikse jagopgawes by die ministerie van omgewingsake misgeloop het, word aangemoedig om opknappingskursusse by te woon en 'n nuwe sertifikaat in te dien voordat hul huidige een verval. Jagters wat se noodhulpsertifikate nie meer geldig is nie, word nie toegelaat om gedurende die jaarlikse jagperiode te jag nie. Kosmos 94.1 Nuus het met Kristin Maritz van Napha gepraat:
3 Feb 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Saftu wil weet van buitengewone verhoging vir Sekretaris van Parlement

Die vakbondfederasie Saftu het kommer uitgespreek oor die buitengewone verhoging in die sekretaris van die Parlement se vergoeding. Na wat berig word is Xolile George se salaris oor 'n tydperk van net meer as 17 maande van 2,6 miljoen Suid-Afrikaanse rand tot meer as 4 miljoen verhoog, wat 'n styging…
5 Mar 5AM 1 min

Bronne sê Motjabi is Iran se nuwe opperleier

Bozorgmehr Sharafedin, ‘n verslaggewer in Iran en voormalige Reuters korrespondent, sê Motjabi Khamenei is aangestel as die land se nuwe opperleier. Hy is die tweede oudste seun van die ontslape voormalige opperleier Ajatolla Ali Khamenei.
5 Mar 5AM 1 min

Regering doen wat hy kan om Namibiërs uit Midde-Ooste te ontruim

Volgens die internasionale betrekkinge ministerie is daar 'n paar Namibiërs in die Midde-Ooste. Lynminister Selma Ashipala-Musavyi het vandag in Windhoek gesê die regering is in kontak met Namibiërs in Bahrein, Oman en Israel, met getalle wat wissel namate meer mense kontak maak. Sy verduidelik dat die regering in samewerking met…
5 Mar 5AM 1 min

Twee Britte sterf in vliegtuigongeluk naby Gobabeb

‘n Ligte vliegtuig het ongeveer 100km vanaf Walvisbaai in die rigting van Gobabeb neergestort. Dit is 'n tipe ultraligte of ligte-sportvliegtuig wat vervaardig word deur die Italiaanse maatskappy Groppo Aviazione. Hafeni Mweshixwa van die direktoraat van vliegtuigongeluk- en voorvalondersoeke het 'n opdatering oor die sterfgevalle.
5 Mar 5AM 1 min

Kommentaar in parlement was onaanvaarbaar

Reaksie word ontvang op die rassistiese aanmerkings wat Woensdag deur Nudo LP Vetaruhe Kandorozu teen die adjunk-sportminister Dino Ballotti. Kandorozu het vir hom gesê om terug te gaan na Italië en dat Namibiërs nie so lyk nie. 'n Bohaai het losgebars en ‘n hoogs ontstoke onderwysminister Sanet Steenkamp het Kandorozu…
5 Mar 5AM 1 min