Geingob se dogter onthou hom so

Loading player...
Dis is vandag die tweede herdenking van dr. Hage Geingob, Namibië se derde president, se dood. Geingob word onthou as 'n "pan-Afrikanistiese" staatsman wat sy lewe gewy het aan die bou van die nasie se institusionele raamwerk en die bevordering van die konsep van die "Namibiese Huis" waar niemand uitgesluit moet voel nie. Hy het ook groot passie gehad vir die land se groenwaterstof-program. Sy dogter Nangula Geingos het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
4 Feb 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Aanlyn regsentrum vir wildbewaring

Namibië het 'n stap geneem in die rigting van die versterking van wildbewaring met die bekendstelling van 'n nuwe program wat daarop gemik is om die land se wetlike en beleidsraamwerk vir volhoubare wildbestuur te verbeter. Die inisiatief stel 'n aanlyn regsentrum bekend wat gemeenskappe, beleidmakers en belanghebbendes makliker toegang…
26 Apr 6AM 1 min

Nóg sewe by binnelandse sake in SA afgedank

Die minister van binnelandse sake, Leon Schreiber, sê 'n verdere sewe amptenare is afgedank, wat die totaal sedert Julie 2024 op 63 te staan bring. Die departement het ook 16 nuwe skorsings uitgereik as deel van voortgesette tugstappe in verband met bevindinge deur die Spesiale Ondersoekeenheid. Hy sê 75 van…
26 Apr 4AM 1 min

Lamola dring aan op oplossing in Lungu-begrafnisgeskil

Die minister van internasionale betrekkinge en samewerking, Ronald Lamola, het die Zambiese regering en voormalige president Edgar Lungu se familie versoek om hul begrafnisgeskil vriendskaplik buite die hof te skik. Die dooiepunt duur al meer as tien maande na Lungu se dood in Pretoria in Junie 2025. Lamola het aan…
26 Apr 4AM 1 min

EV-laaistasies moet geregistreer wees

Stad Windhoek het aangekondig dat die registrasie van laaistasies vir elektriese voertuie nou verpligtend is, om effektiewe lasbestuur te ondersteun en die kwaliteit van voorsiening te handhaaf. Enige laaipunt vir elektriese voertuie wat die 3,7 kilowatt kapasiteit van 'n standaard huishoudelike sok oorskry, moet deur 'n geregistreerde elektriese kontrakteur geregistreer…
26 Apr 2AM 1 min

Trump na veiligheid gehaas ná skietery by dinee

President Donald Trump en eerste dame Melania Trump is Saterdagaand inderhaas deur geheime diensagente uit die Withuis-korrespondentevereniging se dinee geneem, ná 'n man met 'n haelgeweer probeer het om die lokaal binne te kom. Die gewapende man het op 'n lid van die geheime diens geskiet wat nie beseer is…
26 Apr 1AM 1 min