Volgens die internasionale betrekkinge ministerie is daar 'n paar Namibiërs in die Midde-Ooste. Lynminister Selma Ashipala-Musavyi het vandag in Windhoek gesê die regering is in kontak met Namibiërs in Bahrein, Oman en Israel, met getalle wat wissel namate meer mense kontak maak. Sy verduidelik dat die regering in samewerking met…
‘n Ligte vliegtuig het ongeveer 100km vanaf Walvisbaai in die rigting van Gobabeb neergestort. Dit is 'n tipe ultraligte of ligte-sportvliegtuig wat vervaardig word deur die Italiaanse maatskappy Groppo Aviazione. Hafeni Mweshixwa van die direktoraat van vliegtuigongeluk- en voorvalondersoeke het 'n opdatering oor die sterfgevalle.
Reaksie word ontvang op die rassistiese aanmerkings wat Woensdag deur Nudo LP Vetaruhe Kandorozu teen die adjunk-sportminister Dino Ballotti. Kandorozu het vir hom gesê om terug te gaan na Italië en dat Namibiërs nie so lyk nie. 'n Bohaai het losgebars en ‘n hoogs ontstoke onderwysminister Sanet Steenkamp het Kandorozu…
Die AR-parlementslid, George Kambala het in die Nasionale Vergadering 'n versoek gerig om die ou staatshuis in 'n museum te verander wat die land se stigterspresident, Sam Nujoma, herdenk. Kosmos 94.1 Nuus het met Kambala gepraat, veral rakende die land se prioriteite. Volgens hom moet Namibiërs hulle tradisies vier en…
Die departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking sê daar is 'n opmerklike toename in registrasie op sy Travel Smart-stelsel met meer as 6 400 Suid-Afrikaners in die Midde-Ooste wat sedert gister hul teenwoordigheid registreer het. Amerikaanse en Israelse lugaanvalle op Iran en weerwraakaanvalle van Teheran bedreig die bestendigheid in die…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.