Kaapstad moet water spaar, verbruik staan op 1 miljard liter daagliks

Loading player...
Inwoners van Kaapstad word weereens aangemoedig om water te bespaar aangesien verbruik op byna 1 miljard liter per dag staan, wat die stad se doelwit oorskry. Damvlakke is op 60-persent en sal na verwagting tot die volgende reënseisoen hou. Die burgemeesterskomiteelid vir Water en Sanitasie, Zahid Badroodien, sê daar is geen onmiddellike bedreiging vir watersekerheid nie, maar om water nou te bespaar, kan toekomstige beperkings voorkom:
5 Feb 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

ANC sê DA lieg oor Tshwane waterkrisis

Die ANC beskuldig die DA daarvan dat hulle 'n desperate verkiesingsveldtog voer deur valse berigte oor 'n finansiële en waterkrisis in Tshwane te versprei. Die party sê die DA oordryf diensleweringsuitdagings en ignoreer sy eie rol in verwaarlosing van infrastruktuur en finansiële wanbestuur gedurende sy ampstermyn. Joel Masilela ka Mahlangu…
5 Mar 2AM 1 min

Hegseth sê oorlog kan 8 weke duur

Amerika se minister van Verdediging, Pete Hegseth, sê die oorlog met Iran kan tot agt weke duur, wat langer is as wat president Donald Trump se administrasie aanvanklik gesê het. Ses Amerikaanse weermaglede is dood sedert die konflik verlede Saterdag begin het. Volgens menseregtemonitors is meer as ’n duisend burgerlikes,…
5 Mar 2AM 1 min

BoN en SARB hernu samewerking

Die goewerneurs van die sentrale banke van Namibië en Suid-Afrika het ‘n hersiene memorandum van verstandhouding onderteken. Dit het plaasgevind tydens Ebson Uanguta se hoflikheidsbesoek aan die Suid-Afrikaanse Reserwebank en sy goewerneur Lesetja Kganyago, in Pretoria. Die ooreenkoms is 'n opdatering van die twee banke se 2015 ooreenkoms. Die bank…
5 Mar 2AM 1 min

Cyril beloof ondersteuning vir Suid-Afrikaners in Midde-Ooste

President Cyril Ramaphosa sê die regering werk daaraan om Suid-Afrikaners te help wat gestrand is in lande wat geraak word deur die toenemende konflik tussen die VSA, Israel en Iran. Ramaphosa het tydens die Afrika Energie-indaba in Kaapstad die situasie as gevaarlik en moontlik verreikend beskryf. Hy sê repatriasie sal…
5 Mar 2AM 1 min

DA verwelkom terugkeer van 62 veteraanspeurders

Die DA sê die terugkeer van 62 veteraanspeurders na die Wes-Kaap om ou sake en bendegeweld aan te pak, toon die behoefte aan plaaslike polisiemagte. Die party voer aan provinsies met die hulpbronne en vaardighede moet toegelaat word om self ondersoeke en georganiseerde misdaad te behartig. Ian Cameron van die…
5 Mar 1AM 1 min