Maandag Oggenddiens - Ds Horace van Coller

Loading player...
EFESIËRS 1
1Van Paulus, 'n apostel van Christus Jesus deur die wil van God.
Aan almal in Efese wat aan God behoort en in Christus Jesus glo.
2Genade en vrede vir julle van God ons Vader en die Here Jesus Christus!
Lof aan God vir sy genade
3Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! Hy het ons in Christus geseën met al die seëninge van die Gees wat daar in die hemel is. 4So het Hy, nog voordat die wêreld geskep is, ons in Christus uitverkies om heilig en onberispelik voor Hom te wees. 5In sy liefde het Hy ons, volgens sy genadige beskikking, toe ook al daarvoor bestem om deur Jesus Christus sy kinders te wees. 6Daarom moet ons God prys vir sy wonderlike genade wat Hy in die Geliefde vrylik aan ons geskenk het. 7Deur die bloed van sy Seun is ons verlos en is ons oortredinge vergewe kragtens die ryke genade van God 8wat Hy in al sy wysheid en insig so oorvloedig aan ons geskenk het. 9Hy het kragtens sy besluit en voorneme die geheimenis van sy wil aan ons bekend gemaak 10en dit deur Christus tot uitvoering gebring op die tyd wat Hy daarvoor bepaal het. Sy bedoeling was om alles wat in die hemel en alles wat op die aarde is, onder een hoof te verenig, naamlik onder Christus. 11Deur Christus het ons deel geword van die volk van God soos Hy dit vooruit al bestem het. So het Hy Hom dit voorgeneem, Hy wat alles laat gebeur volgens sy raadsbesluit. 12Daarom moet ons, die eerstes wat ons hoop op Christus gestel het, die grootheid van God prys. 13Deur Christus het ook julle deel geword van die volk van God toe julle die waarheid wat aan julle verkondig is, die evangelie van julle verlossing, gehoor en tot geloof gekom het. In Christus het die Heilige Gees wat deur God belowe is, julle as die eiendom van God beseël. 14Die Heilige Gees is die waarborg dat ons ook verder sal ontvang wat God belowe het, wanneer Hy almal wat aan Hom behoort, volkome sal verlos. Daarom moet ons sy grootheid prys.
9 Feb 1AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Vrydag Oggenddiens - Past Pieter Calitz

LUKAS 23 27'n Groot menigte van die volk het agter Jesus aan geloop, onder wie ook vroue wat oor Hom getreur en gehuil het. 28Maar Jesus het na hulle toe omgedraai en gesê: “Vroue van Jerusalem, moenie oor My huil nie, huil oor julleself en julle kinders, 29want daar kom…
6 Mar 1AM 12 min

Donderdag Oggenddiens - Past Pieter Calitz

MATTEUS 27 Die soldate bespot Jesus (Mark. 15:16-20; Joh. 19:2-3) 27Daarna vat die soldate van die goewerneur vir Jesus in die ampswoning in en bring die hele leërafdeling rondom Hom bymekaar. 28Hulle trek toe sy klere uit en gooi Hom 'n pers mantel om. 29Hulle vleg 'n doringkroon en sit…
5 Mar 1AM 11 min

Woensdag Oggenddiens - Past Pieter Calitz

LUKAS 22 Jesus voor die Joodse Raad (Matt. 26:59-66; Mark. 14:55-64; Joh. 18:19-24) 66Toe dit dag word, het die Raad van die volk – die priesterhoofde en die skrifgeleerdes – vergader en Jesus voor hulle laat bring. 67Hulle sê toe: “As jy die Christus is, sê dit vir ons.” Maar…
4 Mar 1AM 11 min

Dinsdag Oggenddiens - Past Pieter Calitz

LUKAS 22 22Met die Seun van die mens sal dit gaan soos dit voorbeskik is, maar wee die man deur wie Hy verraai word!” 23Toe begin hulle mekaar uitvra wie van hulle dit kon wees wat so iets sou doen. Die ware grootheid (Vgl. Matt. 20:24-28; Mark. 9:30-37; 10:41-45; Joh…
3 Mar 1AM 11 min

Maandag Oggenddiens - Pastoor Pieter Calitz

JOHANNES 18 Annas en Kajafas verhoor Jesus (Matt. 26:59-66; 27:1; Mark. 14:55-64; 15:1; Luk. 22:66-71) 19Die hoëpriester het Jesus toe ondervra oor sy dissipels en oor sy leer. 20Jesus het hom geantwoord: “Ek het in die openbaar met die mense gepraat. Ek het hulle altyd in die sinagoges en in…
2 Mar 1AM 11 min