DA sê suikerbedryf se aanpassings moet voorkeur gee aan mededinging

Loading player...
Die onlangse wysigings aan die bestuursreëlings van die Suid-Afrikaanse Suikervereniging en die suikerbedryf-ooreenkoms wat die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, in die Staatskoerant gepubliseer het, moes lankal in die sektor plaasgevind het. Dit volg met die bevestiging dat Tongaat Hulett bankrot verklaar word nadat sakereddingpraktisyns alles moontlik gedoen het om die maatskappy te red. Mlondli Mdluli van die DA sê die suikerbedryf se toekoms kan nie net afhang van regulatoriese aanpassings of regeringsbeskerming nie:
20 Feb 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Namibië vra kontinentale reaksie op xenofobie

Die Namibiese verteenwoordiger by die Pan-Afrikaanse Parlement, Olivia Hanghuwo, het 'n verenigde kontinentale reaksie op xenofobie en die oorsake van migrasie versoek, en Afrika-leiers aangespoor om die waardes van solidariteit en vreedsame naasbestaan te omhels. Hanghuwo het die opmerkings gemaak tydens die debat oor die mosie rakende die toenemende xenofobiese…
31 Jul 8AM 1 min

Infantino dink hy is onaantasbaar

Reaksie word steeds ontvang op die Fifa-hoof Gianni Infantino se kommersiële tak van Fifa, die Fifa Forward Enterprise. Die voorsitter van die Britse Sokker Ondersteunersvereniging Tom Greatrex sê Infantino het gedink hy was onaantasbaar omdat hy soveel veranderings aangebring het sonder enige teenstand. Hy het met Sky News gepraat.
31 Jul 6AM 1 min

Mothibi begin herstelprojek by IDAC

Die nasionale direkteur van Openbare Vervolgings, Andy Mothibi, wil die Ondersoekdirektoraat Teen Korrupsie binne die volgende ses maande omkeer. Dit volg na onthullings by die Madlanga-kommissie dat die gewese IDAC-hoof, Andrea Johnson, ʼn reeks ondersoeke teen beamptes van Misdaadintelligensie en die taakspan oor politieke moorde sonder behoorlike meriete goedgekeur het…
31 Jul 6AM 1 min

Moenie vir jou versekeraar lieg nie

Versekeringskliënte word aangemoedig om akkurate en volledige inligting te verskaf wanneer hulle dekking uitneem, met Old Mutual Namibia wat waarsku dat versuim om dit te doen, kan lei tot verminderde of verwerpte eise. Francois Smith, die maatskappy se nasionale verkoopbestuurder, sê eerlikheid is noodsaaklik om billike premies te verseker, polishouers…
31 Jul 6AM 1 min