Namibië vier vanjaar op 21 Maart die land se onafhanklikheidwording 36 jaar gelede, op 21 Maart 1990. Anders as in die verlede sal die amptelike viering nie in 'n spesifieke streek plaasvind nie, maar in al 14 streke. Inligtingminister Emma Theofelus het die aankondiging gemaak.
Amerikaanse president Donald Trump het Maandag vir die eerste keer sedert die aanvalle op Iran begin het by die Withuis gepraat en gesê grootskaalse gevegsoperasies gaan voort. Hy sê die VSA is reeds aansienlik voor sy aanvanklike tydprojeksies van vier tot vyf weke om die Iranse leierskap uit te wis,…
RISE Mzansi sê Suid-Afrika staar 'n toenemende dobbelkrisis in die gesig, met verwysing na kommerwekkende data van Statistiek SA en die Nasionale Dobbelraad. Die party ondersteun die Nasionale Tesourie se voorgestelde 20-persent nasionale aanlyn dobbelbelasting, maar doen 'n beroep op hervormings, insluitend provinsiale inkomstedeling, 'n provinsiale belastingvloer en verpligte nasionale…
Die oorlog tussen Amerikaanse en Israeliese magte teen Iran kring steeds uit. China se buitelandse sake-minister, Wang Yi, het vandag in 'n oproep aan sy Iraanse eweknie gesê Beijing ondersteun Teheran om homself teen die aanvalle te verdedig. Russiese president Vladimir Putin het ook 'n telefoongesprek met Koning Hamad bin…
IPC-president Panduleni Itula het die regering daarvan beskuldig dat hy pensioenarisse verwaarloos deur nie president Hage Geingob se belofte van 2024 na te kom om die ouderdomspensioen tot 3 000 Namibiese dollar te verhoog nie. President Netumbo Nandi-Ndaitwah het later belowe om die verhoging te implementeer as sy as president…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.