
Nascam sê oor N$2 tantieme
Loading player...
Die Namibiese Vereniging van Komponiste en Outeurs van Musiek, Nascam het sy tantieme-verspreidingsmodel verdedig nadat die parlement vrae gehad het oor berigte dat plaaslike musikante so min as 2 Namibiese dollar per uitsending verdien. Kosmos 94.1 Nuus het met Nascam se tussentydse voorsitter, Joseph Ailonga gepraat, wat sê dat uitbetalings datagedrewe is eerder as voorafbepaal. Hy sê 'n groot probleem is dat van die musikante se liedjies nie geregistreer is nie.

