Nored-staking is verby

Loading player...
Die Nored-staking het tot 'n einde gekom met die partye wat tot 'n ooreenkoms gekom het na die lynminister Wise Immanuel ingegryp het. Die werkers sal 'n 4 persent verhoging kry sowel as 'n 14de tjek. Dit kom na skole en hospitale in die noorde onder druk gekom het met kragverskaffing. Kosmos 94.1 Nuus het met die streeksorganiseerder van die Mynwerkersunie, Reginald Kock gepraat.
3 Mar 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Rehoboth se krane bly (vir nou) oop

Die beplande opskorting van watervoorsiening in Rehoboth deur NamWater is vertraag, het Rehoboth se burgemeester, Jacky Khariseb, aangekondig. Dit kom nadat NamWater gedreig het om watertoevoer na die dorp te sny weens onbetaalde skuld. Teen Maart 2025 het die Rehoboth-dorpsraad NamWater 108,5 miljoen Namibiese dollar geskuld, wat dit een van…
3 Mar 5AM 1 min

Stampriet-akwifer: Mufeti beklemtoon kommer oor waterbron

Omgewingskommissaris Timoteus Mufeti sê hy staan in solidariteit met besorgde groepe soos Sauma oor die potensiële impak van uraanontginning in die Stampriet-akwifer. Tans is die primêre vrees dat in-situ loging, wat deur Headspring Investments, 'n filiaal van Rusland se Rosatom, voorgestel word, radioaktiewe en giftige materiale in die akwifer sal…
3 Mar 5AM 1 min

Dissipline sluit nie fisiese geweld in nie

Reaksie word ontvang op 'n video wat op sosiale media sirkuleer van 'n pa van Swakopmund wat sy agtjarige seun met sy vuiste aanrand. Hy het die kind ook aan die nek en arms gegryp. Die 36-jarige verdagte sal na verwagting vandag in die dorp se landdroshof verskyn. Hy staar…
3 Mar 5AM 1 min

ActionSA dreig met hof as Phala Phala gesensor word

ActionSA sê hulle is gereed om regstappe te doen indien enige deel van die gedeklassifiseerde Phala Phala-verslag gesensor word. Die verslag, wat beweerde wanhantering deur die presidensiële beskermingseenheid tydens 'n rooftog op president Cyril Ramaphosa se plaas in Limpopo ondersoek, is uiteindelik oopgestel na meer as 'n jaar van vertragings…
3 Mar 3AM 1 min