Woord vir Vandag - 27 Maart 2026

Loading player...
“Gelukkig is die vredemakers, want God sal vir hulle sê: ‘Julle is mý kinders.’” Matteus 5:9 NLV
Die sewende Saligspreking
Die Hebreeuse woord vir ‘vrede’ is shalom; dit verwys na ‘n gevoel van welstand wat kalmte en vertroue, selfs in ‘n krisis, voortbring. Dis versekering te midde van onsekerheid en verwarring. Diegene wat ‘n onwrikbare, onwankelbare, rotsvaste vertroue in God het, is diegene wat ware vrede in hulle harte ervaar. Hoe verkry mens sulke vrede? Eerstens moet jy weet wat God in sy Woord sê en dit glo. Jy moet God se Woord die fondament van alles wat jy glo, alles wat jy sê en alles wat jy doen, maak. Jy moet geloof in God se Woord hê en jou wil aan sy gebooie en sy plan oorgee. Jy moet jou verwagtinge en hoop in sy beloftes en sy begeertes wortel. Ware vrede van hart word altyd op die waarheid gebou - die waarheid van wie God is, wie jy in Hom is en hoe God wil hê jy teenoor Hom en ander mense moet optree. Om God se waarheid te ken, is om God se vrede te ervaar. Wanneer jy daarna streef om hierdie soort vrede na die harte van ander te bring, tree jy soos jou hemelse Vader op. Dit is God se begeerte dat jy met Hom versoen moet word en verlossing en ware hartsvrede moet ervaar. ‘Onderwerp jou aan God, dan sal jy vrede hê en sal alles met jou goed gaan’ (Job 22:21 NLV). Paulus het gesê: ‘As mense wat deur God vrygespreek is omdat ons glo, is daar nou vrede tussen God en ons op grond van wat Jesus Christus ons Here gedoen het’ (Romeine 5:1 NLV). Ons uiteindelike rol as vredemakers is nie net om ander mense aan te spoor om in vrede met mekaar te leef nie, maar ook in vrede met God.
3 Mar English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 27 Mei 2026

“…Meneer, gee my van hierdie water sodat ek nie weer dors word… nie.” Johannes 4:15 NLV Christus kan jou siel bevredig Sy het in Samaria gewoon, was vyf keer getroud en het nou saam met ‘n man gewoon wat nie haar eggenoot was nie. Miskien het mense vreeslik oor haar…
22 Apr 1 min

Word for Today - 30 June 2026

“Whatever your hand finds to do, do it with your might.” Ecclesiastes 9:10 NKJV Spiritual pathways (5) The activist pathway. When you’re on this spiritual pathway, you have a high level of energy. This may be one of your favourite Scriptures: “Whatever your hand finds to do, do it with…
22 May 1 min

Woord vir Vandag - 30 Junie 2026

“Doen met toewyding alles wat jou hand vind om te doen…” Prediker 9:10 NLV Geestelike paaie (5) Die aktivispad. Wanneer jy op hierdie geestelike pad is, het jy ‘n hoë vlak van energie. Die volgende mag dalk een van jou gunsteling Skrifgedeeltes wees: ‘Doen met toewyding alles wat jou hand…
22 May 1 min

Word for Today - 29 June 2026

“I was glad when they said to me, ‘Let us go into the house of the Lord.’” Psalm 122:1 NKJV Spiritual pathways (4) The worship pathway. When you’re on the worship pathway, you resonate with the Psalmist: “I was glad when they said to me, ‘Let us go into the…
22 May 1 min

Woord vir Vandag - 29 Junie 2026

“Ek was bly toe hulle vir my gesê het: ‘Kom ons gaan na die huis van die Here.’” Psalm 122:1 NLV Geestelike paaie (4) Die aanbiddingspad. Wanneer jy op die aanbiddingspad is, vind jy aanklank by die Psalmdigter: ‘Ek was bly toe hulle vir my gesê het: ‘Kom ons gaan…
22 May 2 min