
Rehoboth inwoners, kom skenk bloed!
Loading player...
Die Bloedoortappingsdiens van Namibië sal môre 'n bloedskenk-veldtog in Rehoboth aanbied. Die kliniek sal van 11-uur die oggend tot 6-uur die namiddag by die Hermanus van Wyk-saal gehou word. Die diens se opvoedkundige beampte, Frieda Vatileni-Asino, doen 'n beroep op inwoners om in groot getalle op te daag om lewens te help red.

