
DIRCO moet plan maak met landsburgers in Midde-Ooste
Loading player...
Die DA het die departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking versoek om betroubare kanale vir kommunikasie en noodkonsulêre dienste beskikbaar te stel vir Suid-Afrikaners wat in lande en state in die Midde-Ooste gestrand is. Dit spruit uit die onlangse Israels-Amerikaanse militêre aanvalle op Iran en die gevolglike vergeldingsaanvalle wat in verskeie lande tot die kansellasie van vlugte gelei het. Ryan Smith van die DA se sê die onbevoegdheid van Dirco wat dié kwessie betref, kan Suid-Afrikaners hul lewens kos:

