
Midde-Ooste: Plaaslike brandstofprys ondervanderd, vir nou
Loading player...
Kommer word uitgespreek oor Namibië se brandstofvoorraad na Iran die Straat van Hormuz gesluit het. Ongeveer 20 miljoen vate olie per dag is deur die seestraat verskeep, of sowat 20 tot 30 persent van die wêreldwye olieverbruik, asook 'n vyfde van die wêreld se vloeibare aardgas-vraag. Energieminister Modestus Amutse het die versekering gegee dat die gebeurtenis nie 'n onmiddellike impak op brandstofpryse in die land sal hê nie.

