Loopbaanweek vandag en môre in hoofstad

Loading player...
Field Ready sal amptelik sy Namibiese Werkbaarheidsplatform bekendstel tydens Nasionale Loopbaanweek 2026, wat vandag en môre by die Mercure Hotel in Windhoek plaasvind. Die digitale platform is ontwikkel om jong Namibiërs te help om werkbaarheidsvaardighede te ontwikkel deur toegang tot bedryfsgerigte opleiding, digitale leerpaaie en verbindings met werkgewers in sleutel-ekonomiese sektore. Die loopbaanweek sal na verwagting meer as 5 000 studente, gegradueerdes en jong professionele persone lok. Kosmos 94.1 Nuus het met die direkteur van Field Ready, Phil Andrews gepraat vir meer inligting oor die platform.
4 Mar 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Gesondheid se moratorium op studies skerp gekritiseer

Die IPC spreek kommer uit oor die gesondheidsministerie se besluit om 'n moratorium op studieverlof en verdere opleiding vir ingeskrewe verpleegkundiges in te stel. Die riglyn, wat op 16 Maart uitgereik is, is bedoel om personeeltekorte aan te pak wat verband hou met verpleegkundiges wat met studieverlof weg is terwyl…
28 Apr 11AM 1 min

Boesak kap korrupsie in staatsdiens

Die anti-apartheidsaktivis, Allan Boesak, sê misdaad, armoede, korrupsie en ongelykheid benadeel steeds baie Suid-Afrikaners. Hy het tydens die bekendstelling van die "Nuwe Vryheidsveldtog" in die St George-katedraal in Kaapstad, die groeiende gaping tussen ryk en arm uitgelig en dit 'n morele krisis genoem. Boesak kritiseer beweerde korrupsie onder openbare amptenare…
28 Apr 11AM 1 min

Napso Privaatskole sportnaweek skop môre af

Die Securitas Napso Privaatskole sportnaweek gaan van môre tot 2 Mei in Swakopmund plaasvind. Pro-Ed is die gasheer vir vanjaar se byeenkoms en het maande lank gewerk om die sportgronde reg te kry vir die naweek. Kosmos 94.1 Nuus het met Johan Fourie, die uitvoerende hoof van Napso gepraat.
28 Apr 10AM 1 min