BoN en SARB hernu samewerking

Loading player...
Die goewerneurs van die sentrale banke van Namibië en Suid-Afrika het ‘n hersiene memorandum van verstandhouding onderteken. Dit het plaasgevind tydens Ebson Uanguta se hoflikheidsbesoek aan die Suid-Afrikaanse Reserwebank en sy goewerneur Lesetja Kganyago, in Pretoria. Die ooreenkoms is 'n opdatering van die twee banke se 2015 ooreenkoms. Die bank se woordvoerder, Naufiku Hamunime het meer.
5 Mar 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Ou staatshuis moet Nujoma museum word - AR

Die AR-parlementslid, George Kambala het in die Nasionale Vergadering 'n versoek gerig om die ou staatshuis in 'n museum te verander wat die land se stigterspresident, Sam Nujoma, herdenk. Kosmos 94.1 Nuus het met Kambala gepraat, veral rakende die land se prioriteite. Volgens hom moet Namibiërs hulle tradisies vier en…
5 Mar 4AM 1 min

Suid-Afrikaners moet maar gebruik maar van kommersiële vlugte uit Midde-Ooste

Die departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking sê daar is 'n opmerklike toename in registrasie op sy Travel Smart-stelsel met meer as 6 400 Suid-Afrikaners in die Midde-Ooste wat sedert gister hul teenwoordigheid registreer het. Amerikaanse en Israelse lugaanvalle op Iran en weerwraakaanvalle van Teheran bedreig die bestendigheid in die…
5 Mar 4AM 1 min

ANC sê DA lieg oor Tshwane waterkrisis

Die ANC beskuldig die DA daarvan dat hulle 'n desperate verkiesingsveldtog voer deur valse berigte oor 'n finansiële en waterkrisis in Tshwane te versprei. Die party sê die DA oordryf diensleweringsuitdagings en ignoreer sy eie rol in verwaarlosing van infrastruktuur en finansiële wanbestuur gedurende sy ampstermyn. Joel Masilela ka Mahlangu…
5 Mar 2AM 1 min

Hegseth sê oorlog kan 8 weke duur

Amerika se minister van Verdediging, Pete Hegseth, sê die oorlog met Iran kan tot agt weke duur, wat langer is as wat president Donald Trump se administrasie aanvanklik gesê het. Ses Amerikaanse weermaglede is dood sedert die konflik verlede Saterdag begin het. Volgens menseregtemonitors is meer as ’n duisend burgerlikes,…
5 Mar 2AM 1 min

Cyril beloof ondersteuning vir Suid-Afrikaners in Midde-Ooste

President Cyril Ramaphosa sê die regering werk daaraan om Suid-Afrikaners te help wat gestrand is in lande wat geraak word deur die toenemende konflik tussen die VSA, Israel en Iran. Ramaphosa het tydens die Afrika Energie-indaba in Kaapstad die situasie as gevaarlik en moontlik verreikend beskryf. Hy sê repatriasie sal…
5 Mar 2AM 1 min