
Ou staatshuis moet Nujoma museum word - AR
Loading player...
Die AR-parlementslid, George Kambala het in die Nasionale Vergadering 'n versoek gerig om die ou staatshuis in 'n museum te verander wat die land se stigterspresident, Sam Nujoma, herdenk. Kosmos 94.1 Nuus het met Kambala gepraat, veral rakende die land se prioriteite. Volgens hom moet Namibiërs hulle tradisies vier en nooit hulle helde vergeet nie.

