Vliegongeluk-oorledenes was Britse navorsers

Loading player...
Die Erongo-polisie het 'n opdatering van die dodelike vliegongeluk naby Gobabeb gegee. Die oorledenes was twee Britse navorsers, die 62-jarige Alan Martin Wilson en die 63-jarige Neil Thomas Oakman. Hulle en nog 'n Britse navorser, John Lowe, het op 25 Februarie in die land aangekom om navorsingswerk by Gobabeb te doen. Woensdag omstreeks 5-uur het Wilson en Oakman in hulle ligte vliegtuig opgestyg om sateliet-halsband-seine in die duine te probeer opspoor. Lowe het teen 7-uur bekommerd geword omdat hulle nog nie teruggekeer het nie. Hy het die hoof van die navorsingsentrum ingelig om in die omgewing te begin soek en hulle het later die wrak by die Gobabeb-landingstrook ontdek. Dit is nie bekend wie die loods was nie. Hafeni Mweshixwa van die direktoraat van vliegtuigongeluk- en voorvalondersoeke het vroeër met Kosmos 94.1 nuus gepraat.
5 Mar 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Gesondheid se moratorium op studies skerp gekritiseer

Die IPC spreek kommer uit oor die gesondheidsministerie se besluit om 'n moratorium op studieverlof en verdere opleiding vir ingeskrewe verpleegkundiges in te stel. Die riglyn, wat op 16 Maart uitgereik is, is bedoel om personeeltekorte aan te pak wat verband hou met verpleegkundiges wat met studieverlof weg is terwyl…
28 Apr 11AM 1 min

Boesak kap korrupsie in staatsdiens

Die anti-apartheidsaktivis, Allan Boesak, sê misdaad, armoede, korrupsie en ongelykheid benadeel steeds baie Suid-Afrikaners. Hy het tydens die bekendstelling van die "Nuwe Vryheidsveldtog" in die St George-katedraal in Kaapstad, die groeiende gaping tussen ryk en arm uitgelig en dit 'n morele krisis genoem. Boesak kritiseer beweerde korrupsie onder openbare amptenare…
28 Apr 11AM 1 min

Napso Privaatskole sportnaweek skop môre af

Die Securitas Napso Privaatskole sportnaweek gaan van môre tot 2 Mei in Swakopmund plaasvind. Pro-Ed is die gasheer vir vanjaar se byeenkoms en het maande lank gewerk om die sportgronde reg te kry vir die naweek. Kosmos 94.1 Nuus het met Johan Fourie, die uitvoerende hoof van Napso gepraat.
28 Apr 10AM 1 min