Vroue moet meer sake-ondersteuning ontvang

Loading player...
Terwyl die wêreld Internasionale Vrouedag op 8 Maart vier, word die finansiële sektor aangespoor om te heroorweeg hoe dit vroue in die sakewêreld ondersteun. Connie-Marlene Theyse, Access Bank se uitvoerende hoof van korporatiewe bankwese, sê vanjaar se wêreldwye fokus op #GiveToGain moet verder as viering en na konkrete aksie beweeg. Theyse sê strukturele hindernisse in bankwese moet aangespreek word, veral tradisionele risikomodelle wat vroue kan benadeel.
6 Mar 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Agterstand in dranklisensies bedreig werksgeleenthede - DA

Die DA sê die agterstand by die Gautengse Drankraad plaas werksgeleenthede in gevaar. Die party voer aan dat vertragings in die uitreiking en hernuwing van lisensies sommige besighede dwing om te sluit of onwettig handel te dryf, terwyl onlangse tariefverhogings en oorvol kantore sake vererger. Mike Moriarty van die DA…
6 Mar 5AM 1 min

Aanduidings is dat VSA wel verantwoordelik is vir skoolaanval in Iran

Reuters berig ekslusief dat weermagbronne aan hom bevestig het dat dit voor wil kom asof die VSA wel verantwoordelik is vir die aanval op die meisieskool in Iran op die eerste dag van die konflik. Meer as 170 kinders is in die aanval dood. Die ondersoek deur Amerikaanse owerhede is…
6 Mar 5AM 1 min

Cran spreek e-afval aan in nasionale veldtog

Namibië staar 'n toenemende uitdaging van elektroniese afval, of e-afval en plastiekbesoedeling in die gesig. Namate tegnologie vinnig vorder en verbruikersvraag na elektroniese toestelle groei, neem die volume weggegooide elektronika wat gevaarlike stowwe bevat wat beide die omgewing en openbare gesondheid bedreig, toe. Cran het die dringendheid van hierdie kwessie…
6 Mar 5AM 1 min

Te veel chaos in Nudo om Kandorozu se aanmerkings aan te spreek

Reaksie word steeds ontvang oor Nudo LP Vetaruhe Kandorozu wat vir adjunk-onderwysminister Dino Balotti in die parlement gesê het hy moet teruggaan na Italië en dat Namibiërs nie so lyk nie. Hierdie keer het Kosmos 94.1 Nuus direk met Nudo gepraat. Volgens Nudo-lid Barry Rukoro stem hy saam dat Kandorozu…
6 Mar 5AM 1 min