Copps 94.1: Vroue-straatverkopers sukkel om brood op tafel te hou

Loading player...
Windhoekers het Vrydagaand in hul spoor getrap met Copps 94.1 en die Namibiese polisie wat ‘n wakende oog oor die hoofstad gehou het. Met die naglewe onder beheer, het die Copps 94.1-span ‘n draai by die Otjimuise-informele mark gaan maak, waar die lot van vroue wat laatnag spook om ‘n inkomste vir hul gesinne te probeer verseker, ‘n seerpunt bly. Francois Lottering van Kosmos 94.1 doen verslag:
6 Mar 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Gesondheid se moratorium op studies skerp gekritiseer

Die IPC spreek kommer uit oor die gesondheidsministerie se besluit om 'n moratorium op studieverlof en verdere opleiding vir ingeskrewe verpleegkundiges in te stel. Die riglyn, wat op 16 Maart uitgereik is, is bedoel om personeeltekorte aan te pak wat verband hou met verpleegkundiges wat met studieverlof weg is terwyl…
28 Apr 11AM 1 min

Boesak kap korrupsie in staatsdiens

Die anti-apartheidsaktivis, Allan Boesak, sê misdaad, armoede, korrupsie en ongelykheid benadeel steeds baie Suid-Afrikaners. Hy het tydens die bekendstelling van die "Nuwe Vryheidsveldtog" in die St George-katedraal in Kaapstad, die groeiende gaping tussen ryk en arm uitgelig en dit 'n morele krisis genoem. Boesak kritiseer beweerde korrupsie onder openbare amptenare…
28 Apr 11AM 1 min

Napso Privaatskole sportnaweek skop môre af

Die Securitas Napso Privaatskole sportnaweek gaan van môre tot 2 Mei in Swakopmund plaasvind. Pro-Ed is die gasheer vir vanjaar se byeenkoms en het maande lank gewerk om die sportgronde reg te kry vir die naweek. Kosmos 94.1 Nuus het met Johan Fourie, die uitvoerende hoof van Napso gepraat.
28 Apr 10AM 1 min