Oud-polisietaakmaglid in hof vir Getuie D-sluipmoord

Loading player...
'n Voormalige lid van die polisie se spesiale taakmag, Matipandile Sotheni, is geïdentifiseer as die vermeende moordenaar van Getuie D voor die Madlanga-kommissie. Marius van der Merwe is in Desember in Brakpan, Gauteng, doodgeskiet. Sotheni het in die plaaslike landdroshof verskyn op aanklag van onder meer moord. Woordvoerder Athlenda Mathe sê die polisie glo Sotheni het saam met die oud-reservis Wiandré Pretorius gewerk, wat intussen sy eie lewe geneem het:
16 Mar 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Fifa stel sperdatum vir omstrede maatskappy besluit

Fifa het 19 September as sperdatum vasgestel waarop al 211 lidverenigings sy omstrede plan, om aandele in sy groot kompetisies te verkoop, moet goedkeur. Fifa wil volgens berigte vanjaar sowat 70,35 miljard Namibiese dollar insamel deur ʼn 20-persent minderheidsaandeel te verkoop in ʼn nuwe dogtermaatskappy, Fifa Forward Enterprise, teen ʼn…
30 Jul 2AM 1 min

Phala Phala: Ampsklagkomitee appelleer teen hof interdik

Die parlementêre Ampsklagkomitee het besluit om appél aan te teken teen die uitspraak van die Wes-Kaapse Hooggeregshof oor president Cyril Ramaphosa se dringende aansoek. Verlede week het die hof die openbare verhore van die komitee gestop, hangende die president se hersieningsaansoek teen 'n onafhanklike Artikel 89-paneelverslag. Die African Transformation Movement,…
30 Jul 2AM 1 min

Orania is nie afsonderlike stemgebied nie

Die Verkiesingskommissie se hoofverkiesingsbeampte, Sy Mamabolo, sê die kommissie erken Orania in die Noord-Kaap nie as 'n afsonderlike gebied vir verkiesings nie en sal Suid-Afrika se amptelike munisipale grense volg. Mamabolo het ook bevestig 2 en 3 November sal spesiale stemdae wees, met die hoof- plaaslike regeringsverkiesing op 4 November
30 Jul 1AM 1 min

VN waarsku oor beloftes van werk in die buiteland

Die Verenigde Nasies se Internasionale Organisasie vir Migrasie waarsku honderde duisende mense word elke jaar bedrieg deur beloftes van wettige werk in die buiteland, maar dan gevange gehou en by aanlyn bedrog-operasies betrek. Slagoffers van meer as 80 lande word deur vals werkaanbiedinge op sosiale media na swendelsentrums gelok. Verliese…
30 Jul 1AM 1 min

Kasi Vibe-fees begin môre, met sport

Die MTC Kasi Vibe-fees sal van 31 Julie tot 2 Augustus na die Brakwater-ontspanningspark terugkeer met 'n uitgebreide program. Vir die eerste keer sal mededingende sportgeleenthede ook ingesluit wees, benewens die musiek- en vermaaklikheidsprogram. Die geleentheid se organiseerder, Salmi Shigwedha, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die fees 'n…
30 Jul 1AM 1 min