Cape2Care

Loading player...
Van Musina tot by Kaap Agulhas… ’n ongelooflike reis van uithouvermoë, geloof en hoop. Die Cape2Care-projek het weereens gewys wat moontlik is wanneer passie en ’n doel groter saamkom. Twee spanne vroue het dag en nag gehardloop om nie net bewusmaking en fondse in te samel vir Dynamic Women for Children nie, maar ook om ’n simboliese lyn van hoop en lig reg deur Suid-Afrika te trek. Sarina gesels met twee van die dryfkragte agter hierdie inspirerende projek – Michelle van Biljon en Marlien Cronje.
27 Mar 6AM Afrikaans South Africa Education · Health & Fitness

Other recent episodes

ABC van Ouerskap: V - Verlies

In die ABC van Ouerskap fokus ons vandag op die V vir Verlies – spesifiek kind- en swangerskapsverlies. Dit is ’n onderwerp waaroor daar dikwels min gepraat word, maar vir ’n ouer kan die verlies van ’n baba of kind ’n diep en langdurige impak hê. Kliniese sielkundige, Dr Mia…
20 Oct 5AM 11 min

Moeilike gesprekke en konflikhantering - Anja van Beek

Moeilike gesprekke is deel van die lewe – of dit nou by die huis met jou lewensmaat of kinders is, of by die werk met ’n kollega of bestuurder. Tog vermy ons dit dikwels omdat ons bang is vir konflik, iemand se gevoelens wil spaar of nie weet hoe om…
19 Oct 6AM 19 min

VERSKILMAKERS: ARC

Vir mense wat uit moeilike en traumatiese omstandighede kom, kan die pad na herstel lank wees – maar om weer ’n doel, vaardighede en onafhanklikheid te vind, kan ’n belangrike deel van daardie proses wees. Die Arise Restoration Centre is besig om juis dit prakties aan te pak met ’n…
15 Oct 5AM 8 min