Australië halveer brandstofbelasting vir drie maande

Loading player...
Die Australiese regering gaan die belasting op brandstof die volgende drie maande halveer om die stygende energiepryse weens die Amerikaans-Israelse oorlog teen Iran te versag. Ongeveer 20-persent van die wêreld se olie en natuurlike gas vloei deur die Straat van Hormuz, waarvan die sluiting veroorsaak het dat regerings maatreëls begin instel om brandstof te bespaar. Die Australiese eerste minister, Anthony Albanese, sê heffings op swaar voertuie word ook opgeskort:
30 Mar 11AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

BP wil drie Walvis-blokke alleen eksploreer

Die plaaslike regsfirma SNC Incorporated het die Britse olie- en gasmaatskappy, BP, geadviseer oor hul ooreenkoms om 'n 60 persent bedryfsbelang in drie aflandige petroleum-eksplorasielisensies in die Walvis-kom, naamlik PEL97, PEL99 en PEL100, van Eco Atlantic Oil & Gas te verkry. Shakwa Nyambe van SNC Incorporated het aan Kosmos 94.1…
30 Apr 3AM 1 min

Amerikaanse rentekoers onveranderd gelaat

Amerika se Federale Reserwe het besluit om die derde keer vanjaar rentekoerse onveranderd op 3,5- tot 3,75-persent te hou. Die sentrale bank hou rentekoerse bestendig, en skryf dit toe aan onsekerheid oor die Trump-administrasie se beleid en die konflik in die Midde-Ooste. President Trump het herhaaldelik ʼn beroep op die…
30 Apr 3AM 1 min

Gevangenis boer vooruit

Die plaas van die Divundu-gevangenis in Kavango-Oos het 'n opbrengs van 14 miljoen Namibiese dollar in die vorige seisoen gelewer. Die plaas verskaf produkte aan al 14 korrektiewe fasiliteite in die land. In die 2024-25 seisoen het die plaas sowat 1 446,8 metrieke ton mielies geoes teen 'n gemiddeld van…
30 Apr 2AM 1 min

Likwidasies in SA neem toe

Statistieke Suid-Afrika sê sakelikwidasies het in Maart toegeneem. Die totale aantal likwidasies het op 'n jaargrondslag met 15-persent, van 127 tot 146 gevalle, gestyg. Die styging is gedryf deur hoër getalle van beide beslote korporasies en maatskappye wat gesluit is. Onica Mushwana van Statistieke SA sê in Januarie en Maart…
30 Apr 2AM 1 min

Nog ‘n anti-Semitiese aanval in Londen

Twee Joodse mans is in die Golders Green-gebied van Noord-Londen met 'n mes gesteek, wat die polisie amptelik as 'n terroriste-voorval verklaar het. Die slagoffers, 76- en 34-jaar oud, is in 'n bestendige toestand in die hospitaal. Hierdie voorval volg op 'n vlaag antisemitiese aanvalle in Brittanje. Die hoof van…
30 Apr 1AM 1 min