Eerste olie kom dalk uit Kavango West-1X put

Loading player...
ReconAfrica tesame met Namcor en BW Energy het aangekondig dat hulle produksietoetse vandeesmaand by die Kavango West-1X-ontdekkingsput in PEL 73 in die Kavango-kom sal begin. Die aankondiging is in Januarie deur Namcor gemaak, maar ReconAfrica het meer inligting vrygestel. ReconAfrica se uitvoerende hoof, Brian Reinsborough, het in 'n onderhoud met ProActive Investors gesê hulle sal heel moontlik die eerste maatskappy wees wat begin olie produseer, as die toetse positiewe uitslae lewer. Hoor self, uit die perd se bek.
1 Apr 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Trump sê hy het nie Bibi se inligting nodig nie, hy't sy eie

Oekraïnse president Volodymyr Zelensky en Israeliese eerste minister Benyamin Netanyahu het Dinsdag afsonderlik met Amerikaanse president Donald Trump in die Oval Office ontmoet, voordat hulle wyle senator Lindsey Graham se begrafnisdiens bygewoon het. Besonderhede van die ontmoetings is nog skraps. Fox News het voor die tyd aan Trump gesê Netanyahu…
28 Jul 11PM 1 min

SA-munisipaliteite sal van Vrydag af fondse begin ontvang

Finansminister Enoch Godongwana sê die Nasionale Tesourie gaan Vrydag begin om die res van die uitstaande billike-aandeeltoekennings aan munisipaliteite vry te stel. Die fondse van 69 munisipaliteite is teruggehou weens versuim om aan die Wet op Munisipale Finansiële Bestuur te voldoen. Godongwana sê die maatreël is ingestel om finansiële aanspreeklikheid…
28 Jul 11PM 1 min

KI kan SA se mynbedryf laat herleef: studie

PwC Suid-Afrika se studie toon kunsmatige intelligensie en tegnologieë van die Vierde Nywerheidsrewolusie kan help om die land se sukkelende mynbedryf te laat herleef deur nuwe mineraalbronne te identifiseer en produktiwiteit te verbeter. Die mede-direkteur van Smart Mining, Ian Mackay, het tydens die Myn-vernuwingsuitstalling gesê die sektor word gekniehalter deur…
28 Jul 11AM 1 min

Chinese span gaan NNN se ooreenkomste implementeer

Die Chinese ambassadeur in Namibië, Zhao Weiping, sê 'n span landboukundiges en sakelui sal Namibië tussen September en Oktober besoek. Dit is om van die ooreenkomste wat deur president Netumbo Nandi-Ndaitwah en haar span tydens haar staatsbesoek aan China gesluit is, te implementeer. Hy het vanoggend by 'n perskonferensie in…
28 Jul 11AM 1 min