Statistikus-generaal gesels oor inflasie en brandstofpryse

Loading player...
Brent-ru olie pryse is tans wisselvallig maar wat nie wisselvallig is nie, is die sekerheid dat weens die uitwerking van die Midde-Oosterse oorlog, voedselpryse en inflasie die hoogte in sal skiet. Inflasie sal ook langer vat om te daal, sou die oorlog binnekort tot ‘n einde kom. Kosmos 94.1 Nuus het met die statistikus-generaal van die Namibiese Statistieke-agentskap, Alex Shimuafeni gepraat. Hy verduidelik waarom inflasie sal styg.
2 Apr 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Trump sê hy het nie Bibi se inligting nodig nie, hy't sy eie

Oekraïnse president Volodymyr Zelensky en Israeliese eerste minister Benyamin Netanyahu het Dinsdag afsonderlik met Amerikaanse president Donald Trump in die Oval Office ontmoet, voordat hulle wyle senator Lindsey Graham se begrafnisdiens bygewoon het. Besonderhede van die ontmoetings is nog skraps. Fox News het voor die tyd aan Trump gesê Netanyahu…
28 Jul 11PM 1 min

SA-munisipaliteite sal van Vrydag af fondse begin ontvang

Finansminister Enoch Godongwana sê die Nasionale Tesourie gaan Vrydag begin om die res van die uitstaande billike-aandeeltoekennings aan munisipaliteite vry te stel. Die fondse van 69 munisipaliteite is teruggehou weens versuim om aan die Wet op Munisipale Finansiële Bestuur te voldoen. Godongwana sê die maatreël is ingestel om finansiële aanspreeklikheid…
28 Jul 11PM 1 min

KI kan SA se mynbedryf laat herleef: studie

PwC Suid-Afrika se studie toon kunsmatige intelligensie en tegnologieë van die Vierde Nywerheidsrewolusie kan help om die land se sukkelende mynbedryf te laat herleef deur nuwe mineraalbronne te identifiseer en produktiwiteit te verbeter. Die mede-direkteur van Smart Mining, Ian Mackay, het tydens die Myn-vernuwingsuitstalling gesê die sektor word gekniehalter deur…
28 Jul 11AM 1 min

Chinese span gaan NNN se ooreenkomste implementeer

Die Chinese ambassadeur in Namibië, Zhao Weiping, sê 'n span landboukundiges en sakelui sal Namibië tussen September en Oktober besoek. Dit is om van die ooreenkomste wat deur president Netumbo Nandi-Ndaitwah en haar span tydens haar staatsbesoek aan China gesluit is, te implementeer. Hy het vanoggend by 'n perskonferensie in…
28 Jul 11AM 1 min