Copps 94.1 en Stad Windhoek onderteken samewerking ooreenkoms

Loading player...
In 'n poging om plaaslike dienslewering te bevorder, sal Stad Windhoek en Kosmos 94.1 onder die Copps 94.1-vaandel 'n belangrike memorandum van verstandhouding onderteken. Die seremonie is geskeduleer vir vandag by Stad Windhoek se raadsaal. Darren Smith, die koördineerder van Copps 94.1, deel die opgewondenheid oor die ondertekening.
12 Apr 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Chinese span gaan NNN se ooreenkomste implementeer

Die Chinese ambassadeur in Namibië, Zhao Weiping, sê 'n span landboukundiges en sakelui sal Namibië tussen September en Oktober besoek. Dit is om van die ooreenkomste wat deur president Netumbo Nandi-Ndaitwah en haar span tydens haar staatsbesoek aan China gesluit is, te implementeer. Hy het vanoggend by 'n perskonferensie in…
28 Jul 11AM 1 min

Pan-Afrikaanse Parlement vra dringende optrede in Soedan

Die Pan-Afrikaanse Parlement het 'n beroep gedoen op dringende optrede om die konflik in Soedan te beëindig en gewaarsku dat die land se verergerende humanitêre krisis nie geïgnoreer kan word nie. Wetgewers het tydens 'n vergadering in Suid-Afrika die parallelle regering van die Rapid Support Forces verwerp, sterker bemiddelingspogings van…
28 Jul 10AM 1 min

Toerismeraad vry hard na Botswana-toeriste

Namibië en Botswana het in 2023 paspoortlose reise met net nasionale identiteitskaarte tussen die twee lande bekendgestel, en onlangs nog 'n stap om toerisme-, handels- en beleggingsbande te versterk geneem. Die Namibiese Toerismeraad het 'n reeks strategiese vergaderings in Gaborone gelei om Namibië as 'n voorste reisbestemming te vertoon. Kosmos…
28 Jul 10AM 1 min

Tradisionele howe 'gesien as bevooroordeeld'

Reaksie word ontvang op president Netumbo Nandi-Ndaitwah se beroep op tradisionele leiers om grond-, opperhoofskap- en opvolgingsgeskille deur gewoontereg op te los. Sy het gewaarsku dat 'n toenemende afhanklikheid van siviele howe tradisionele gebruike kan ondermyn. Politieke ontleder Ndumba Kamwanyah sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat die opmerkings 'n kommer…
28 Jul 10AM 1 min

Johnson wis niks van ondersoek na fondse-misbruik

Die Madlanga-kommissie het die voormalige hoof van die Ondersoekdirektoraat teen Korrupsie, Andrea Johnson, ondervra oor bewerings rakende misbruik van Misdaadintelligensie-fondse. Sy het getuig sy was nie bewus van enige ondersoeke nie en sulke sake val onder die Valke. Johnson voeg by die direktoraat sou aandag gee aan enige ondersoek na…
28 Jul 9AM 1 min