Die Madlanga-kommissie het die voormalige hoof van die Ondersoekdirektoraat teen Korrupsie, Andrea Johnson, ondervra oor bewerings rakende misbruik van Misdaadintelligensie-fondse. Sy het getuig sy was nie bewus van enige ondersoeke nie en sulke sake val onder die Valke. Johnson voeg by die direktoraat sou aandag gee aan enige ondersoek na…
Na vyf dae van verwoestende veldbrande in die Dâures-kiesafdeling in die Erongo-streek, is van die vure uiteindelik geblus. Na raming is 20 782 hektaar weiveld in Omajete-gebied vernietig, wat gemeenskappe met groot verliese laat. Inwoners sê die brande het lewens en vee bedreig. Kosmos 94.1 Nuus het met gemeenskapslid Bosilo…
Die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap is daartoe verbind om oorgrens-transaksies goedkoper en vinniger te maak. Die Angolese kwanza het die tweede betalingseenheid geword om by die elektroniese streeksbetaalstelsel aan te sluit. Dit het 13 jaar lank uitsluitlik die Suid-Afrikaanse rand gebruik, hoofsaaklik om Suid-Afrika se gevorderde finansiële infrastruktuur te benut. Botswana en…
Voorbereidings vir die vierde uitgawe van die Namibië Olie- en Gaskonferensie is goed op dreef, met die organiseringskomitee wat pas 'n vergadering met Namcor afgesluit het. Namcor-woordvoerder Paulo Coelho sê dit is noodsaaklik dat alle belanghebbendes saamwerk en hul rol speel om te verseker dat Namibië se natuurlike hulpbronne geleenthede…
Meer as 170 burgerlikes is volgens berigte sedert 9 Julie in Oekraïne dood en 1 028 beseer te midde van verskerpte Russiese aanvalle. Minstens 16 431 burgerlikes is in Oekraïne dood sedert Moskou die oorlog in Februarie 2022 begin het. Dit sluit 803 kinders in. Indrika Ratwatte van die Verenigde…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.