Wes-Kaap 'moet Kaapse Vlakte hervorm, nie weermag inroep'

Loading player...
Die GOOD-party sê die Wes-Kaapse regering mors miljarde rand op 'n betekenislose veiligheidsplan, in plaas daarvan om sy verantwoordelikhede na te kom en toesig te hou oor die hervorming van die hopelose apartheids-omstandighede op die Kaapse Vlakte. Meer as 30 mense is volgens berigte in bendeverwante skietvoorvalle dood sedert die ontplooiing van die Weermag. GOOD se sekretaris-generaal, Brett Herron, sê die weefsel van die gebied se gemeenskappe is gebreek:
13 Apr 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

SADC betalingstelsel brei verder as SA rand uit

Die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap is daartoe verbind om oorgrens-transaksies goedkoper en vinniger te maak. Die Angolese kwanza het die tweede betalingseenheid geword om by die elektroniese streeksbetaalstelsel aan te sluit. Dit het 13 jaar lank uitsluitlik die Suid-Afrikaanse rand gebruik, hoofsaaklik om Suid-Afrika se gevorderde finansiële infrastruktuur te benut. Botswana en…
28 Jul 8AM 1 min

Namcor staan bankvas agter Olie- en Gaskonferensie

Voorbereidings vir die vierde uitgawe van die Namibië Olie- en Gaskonferensie is goed op dreef, met die organiseringskomitee wat pas 'n vergadering met Namcor afgesluit het. Namcor-woordvoerder Paulo Coelho sê dit is noodsaaklik dat alle belanghebbendes saamwerk en hul rol speel om te verseker dat Namibië se natuurlike hulpbronne geleenthede…
28 Jul 8AM 1 min

Dinge raak al hoe meer gevaarlik vir burgerlikes in Oekraïne

Meer as 170 burgerlikes is volgens berigte sedert 9 Julie in Oekraïne dood en 1 028 beseer te midde van verskerpte Russiese aanvalle. Minstens 16 431 burgerlikes is in Oekraïne dood sedert Moskou die oorlog in Februarie 2022 begin het. Dit sluit 803 kinders in. Indrika Ratwatte van die Verenigde…
28 Jul 6AM 1 min

SA en Nigerië gesels oor migrante, en misdaad

Suid-Afrika en Nigerië het ooreengekom om samewerking ten opsigte van migrasie, misdaad en streeksveiligheid te versterk. Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, het met die Nigeriese president, Bola Tinubu, vergader tydens 'n diplomatieke sending na Abuja namens president Cyril Ramaphosa. Sy woordvoerder, Chrispin Phiri, sê kommer is…
28 Jul 6AM 1 min

Walvis-kinderhuis vra bystand

Jonah Home, 'n skuiling vir kinders in Walvisbaai, doen 'n beroep vir bystand na hulle enigste televisiestel gebreek het en hul kleuters se oggendroetine ontwrig het. Die direkteur Siphokazi Kangowa het met die dagblad New Era gepraat:
28 Jul 5AM 1 min