ActionSA het die Openbare Beskermer, Kholeka Gcaleka, gevra om die Phala Phala-ondersoek te heropen na die deklassifisering van die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat se verslag. Dit het onthul dat lede van die Presidensiële Beskermingseenheid 'n onwettige parallelle ondersoek gedoen het na die diefstal op president Cyril Ramaphosa se plaas in Limpopo in…
Die Bulle se Verenigde Rugbykampioenskap-wedstryd teen die Dragons in Wallis vanaand is volgens die president van die Blou Bulle, Willem Strauss, uiters belangrik. Hy sê eksklusief aan Kosmos 94.1 Nuus dat die span nou in die besigheidsgedeelte van die kampioenskap is. TERUG: Die Bulle is tans agtste op die punteleer.
Nadat gesubsidieerde tersiêre onderwys vanjaar in werking getree het, het Unam sterk inskrywingsgroei aangeteken. Die totale inskrywing vir 2026 staan op net meer as 30 800 studente, 'n toename vanaf ongeveer 26 900 in 2025. Dit is opmerklik dat die eerstejaar-inname aansienlik gestyg het, van sowat 8 300 studente in…
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het 'n waarskuwing uitgereik vir donderstorms met swaar reën en skadelike wind in dele van die land tot Maandag. 'n Geel vlak 2-waarskuwing vir hewige donderstorms met swaar reën is uitgereik vir dele van die Noord-, die Oos- en die Wes-Kaap, en die sentrale en westelike dele…
Die adjunkminister van landbou, Ruthy Masake, het klaskamers en stoorkamers by die Uahekua Herunga Laerskool in die Ruacana-kiesafdeling ingewy. Die fasiliteite was geskenk deur Okalongo Fishing. Masake is aan woord en verduidelik die belangrikheid en samewerking tussen die privaatsektor en die regering.
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.