Eise vir 'n paneel vir ampsklag teen Ramaphosa oor Phala Phala

Loading player...
Die African Transformation Movement doen 'n beroep op parlement om 'n onafhanklike paneel te stig vir 'n ampsklag teen president Cyril Ramaphosa oor bewerings van die Phala Phala-skandaal. Die bewerings hou verband met die verslag deur die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat oor die inbraak in 2020 op Ramaphosa se plaas Phala Phala in Limpopo, waartydens Amerikaanse dollars gesteel is. Die woordvoerder van ATM, Zama Ntshona sê die bevindinge, tesame met 'n vorige onafhanklike paneelverslag, gee genoeg rede vir 'n moontlike ampsklag:
14 Apr 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Heropen Phala Phala-ondersoek, vra Action SA

ActionSA het die Openbare Beskermer, Kholeka Gcaleka, gevra om die Phala Phala-ondersoek te heropen na die deklassifisering van die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat se verslag. Dit het onthul dat lede van die Presidensiële Beskermingseenheid 'n onwettige parallelle ondersoek gedoen het na die diefstal op president Cyril Ramaphosa se plaas in Limpopo in…
17 Apr 9AM 1 min

Bulle se wedstryd vanaand teen Dragons uiters belangrik

Die Bulle se Verenigde Rugbykampioenskap-wedstryd teen die Dragons in Wallis vanaand is volgens die president van die Blou Bulle, Willem Strauss, uiters belangrik. Hy sê eksklusief aan Kosmos 94.1 Nuus dat die span nou in die besigheidsgedeelte van die kampioenskap is. TERUG: Die Bulle is tans agtste op die punteleer.
17 Apr 9AM 1 min

Unam-inskrywings skiet die hoogte in

Nadat gesubsidieerde tersiêre onderwys vanjaar in werking getree het, het Unam sterk inskrywingsgroei aangeteken. Die totale inskrywing vir 2026 staan op net meer as 30 800 studente, 'n toename vanaf ongeveer 26 900 in 2025. Dit is opmerklik dat die eerstejaar-inname aansienlik gestyg het, van sowat 8 300 studente in…
17 Apr 8AM 1 min

Dele van SA koud, nat en winderig die naweek

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het 'n waarskuwing uitgereik vir donderstorms met swaar reën en skadelike wind in dele van die land tot Maandag. 'n Geel vlak 2-waarskuwing vir hewige donderstorms met swaar reën is uitgereik vir dele van die Noord-, die Oos- en die Wes-Kaap, en die sentrale en westelike dele…
17 Apr 8AM 1 min

Skenking beklemtoon belangrikheid van privaatsektor samewerking

Die adjunkminister van landbou, Ruthy Masake, het klaskamers en stoorkamers by die Uahekua Herunga Laerskool in die Ruacana-kiesafdeling ingewy. Die fasiliteite was geskenk deur Okalongo Fishing. Masake is aan woord en verduidelik die belangrikheid en samewerking tussen die privaatsektor en die regering.
17 Apr 6AM 1 min