Entrepreneurskapsreeks: die emosionele werklikheid van entrepreneurskap

Loading player...
Entrepreneurskap lyk van buite af dikwels glansryk – vryheid, sukses, beskikbaarheid tot jou eie tyd en die bou van ‘n nalatenskap. Maar agter die skerms lê daar ’n minder sigbare werklikheid: emosionele druk, onsekerheid, alleenheid en die konstante gewig van verantwoordelikheid. Vandag gesels Linda van der Walt van LND en PLAASLIK oor die emosionele werklikhede van entrepreneurskap.
15 Apr 6AM Afrikaans South Africa Education · Health & Fitness

Other recent episodes

Screen Her Save Her

Screen Her Save Her se jaarlikse borskankerbewusmakingsveldtog, in samewerking met Atterbury Trust, skop Dinsdag 21 April af by die Castle Gate Lifestyle Winkelsentrum. Hierdie veldtog bring mobiele siftingseenhede met mammografie- en ultraklankdienste direk na gemeenskappe en vroue wat nie altyd toegang het tot hierdie dienste nie. Sarina gesels met Danelle…
17 Apr 6AM 12 min

Is dit werklik goedkoper om 'n elektriese voertuig te ry?

Tegnologiejoernalis by MyBroadband, Hanno Labuschagne deel sy eerstehandse ervaring met ’n elektriese voertuig (EV). Oor 15 000 km het hy sowat R10 000 minder aan energie bestee as wat petrol sou kos. Hy gesels oor die werklike kostes, praktiese uitdagings en voordele van EV-eienaarskap in Suid-Afrika.
17 Apr 6AM 16 min

Baba slaapmusiek: Wood&Whisper

Wood & Whisper is Christiaan Jacobsz (CH2) se splinternuwe projek waar hy slaapmusiek komponeer om baba's (en ouers!) te help om beter, langer en dieper te slaap. Hy verduidelik die wetenskap daaragter en vermaak ons met sy kitaartalent.
13 Apr 6AM 15 min