Woord vir Vandag - 28 Mei 2026

Loading player...
“Is die vas wat Ek wil hê, nie dít nie…” Jesaja 58:6 AFR83
Probeer om te vas
God het vir sy mense die volgende redes gegee om te vas: ‘...om dié wat onregverdig gevange gehou word, te bevry, om die juk wat op mense druk, af te haal, om verdruktes vry te maak, om elke juk te breek’ (vers 6 AFR83). Om te vas is een van die beste maniere om die mag van die vlees te breek. As jy vir kos kan nee sê, kan jy vir omtrent enigiets nee sê. Maak nie saak met watter verslawing jy sukkel nie, vas is die manier om die juk van slawerny te breek. Wanneer jy jouself van kos weerhou om God te soek, wys dit vir Hom dat jy ernstig is. Hy neem jou ook ernstig op as die saak Hom eer. Sommige geestelike deurbrake is slegs met die kombinasie van gebed en vas moontlik. Wanneer jy vas en bid, is die sinergie meer as die som van sy dele. As jy voel dat jou droom nie vorder nie, probeer om te vas. As jou huwelik in die moeilikheid is, probeer om te vas. As jou hart vir jou kinders breek, probeer om te vas. As jy ‘n deurbraak nodig het, probeer om te vas. As jy ‘n groot besluit moet neem, probeer om te vas. Wanneer jy vas, word vestings afgebreek en deurbrake gemaak. Dis die manier waarop ons aan God verklaar dat ons Hom nodig het en Hom meer as kos self nodig het. Dit verg geweldige dissipline om kos op te gee, maar om dit te doen, kweek dissipline in ander areas van ons lewe. Die beste manier om sondige begeertes dood te maak, is deur hulle uit te honger. Dis presies wat vas doen. Dit verswak nie net jou fisiese liggaam nie; dit verswak ook jou sondige vlees en versterk terselfdertyd jou gees.
22 Apr English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 27 Mei 2026

“…Meneer, gee my van hierdie water sodat ek nie weer dors word… nie.” Johannes 4:15 NLV Christus kan jou siel bevredig Sy het in Samaria gewoon, was vyf keer getroud en het nou saam met ‘n man gewoon wat nie haar eggenoot was nie. Miskien het mense vreeslik oor haar…
22 Apr 1 min

Word for Today - 30 June 2026

“Whatever your hand finds to do, do it with your might.” Ecclesiastes 9:10 NKJV Spiritual pathways (5) The activist pathway. When you’re on this spiritual pathway, you have a high level of energy. This may be one of your favourite Scriptures: “Whatever your hand finds to do, do it with…
22 May 1 min

Woord vir Vandag - 30 Junie 2026

“Doen met toewyding alles wat jou hand vind om te doen…” Prediker 9:10 NLV Geestelike paaie (5) Die aktivispad. Wanneer jy op hierdie geestelike pad is, het jy ‘n hoë vlak van energie. Die volgende mag dalk een van jou gunsteling Skrifgedeeltes wees: ‘Doen met toewyding alles wat jou hand…
22 May 1 min

Word for Today - 29 June 2026

“I was glad when they said to me, ‘Let us go into the house of the Lord.’” Psalm 122:1 NKJV Spiritual pathways (4) The worship pathway. When you’re on the worship pathway, you resonate with the Psalmist: “I was glad when they said to me, ‘Let us go into the…
22 May 1 min

Woord vir Vandag - 29 Junie 2026

“Ek was bly toe hulle vir my gesê het: ‘Kom ons gaan na die huis van die Here.’” Psalm 122:1 NLV Geestelike paaie (4) Die aanbiddingspad. Wanneer jy op die aanbiddingspad is, vind jy aanklank by die Psalmdigter: ‘Ek was bly toe hulle vir my gesê het: ‘Kom ons gaan…
22 May 2 min