Gebedsdag: Die rol van Godsvresende mans in die hedendaagse samelewing

Loading player...
In ’n wêreld waar waardes, identiteit en rigting soms verlore raak, speel Godsvresende mans ’n onskatbare rol in gesinne en gemeenskappe. ’n Man wat sy lewe op geloof, integriteit en liefde bou, skep nie net stabiliteit nie, maar wees ook die pad vir die volgende generasie. Vandag kyk ons na wat dit werklik beteken om ’n Godsvresende man te wees – nie perfek nie, maar doelgerig, verantwoordelik en gegrond in geloof. Ds Schalk Strauss van Lig in Duisternis Uitgewers en Henning Kriel van Doxa Moot sluit by Sarina aan.
23 Apr 7AM Afrikaans South Africa Education · Health & Fitness

Other recent episodes

ABC van Ouerskap: V - Verlies

In die ABC van Ouerskap fokus ons vandag op die V vir Verlies – spesifiek kind- en swangerskapsverlies. Dit is ’n onderwerp waaroor daar dikwels min gepraat word, maar vir ’n ouer kan die verlies van ’n baba of kind ’n diep en langdurige impak hê. Kliniese sielkundige, Dr Mia…
20 Oct 5AM 11 min

Moeilike gesprekke en konflikhantering - Anja van Beek

Moeilike gesprekke is deel van die lewe – of dit nou by die huis met jou lewensmaat of kinders is, of by die werk met ’n kollega of bestuurder. Tog vermy ons dit dikwels omdat ons bang is vir konflik, iemand se gevoelens wil spaar of nie weet hoe om…
19 Oct 6AM 19 min

VERSKILMAKERS: ARC

Vir mense wat uit moeilike en traumatiese omstandighede kom, kan die pad na herstel lank wees – maar om weer ’n doel, vaardighede en onafhanklikheid te vind, kan ’n belangrike deel van daardie proses wees. Die Arise Restoration Centre is besig om juis dit prakties aan te pak met ’n…
15 Oct 5AM 8 min