Gebedsdag: Gesonde gesinne en hoe om jou kinders van God te leer

Loading player...
Om ons geloof prakties uit te leef sodat ons kinders Jesus leer ken en nie net van Hom hoor nie - begin by ons as ouers.
Wat ons in ons kinders se lewens saai vandag, bepaal die mens wat hulle môre gaan wees. So vra vir jouself - Watter voorbeeld van hoe jy leef in geloof stel jy vir jou kinders? Gretha Wiid gesels met Sarina oor gesonde gesinne, die krag van keuses wat ouers maak en hoe dit ons kinders se toekoms vorm.
Dis tyd om op te hou om met die wêreld te kompeteer en doelbewus te begin bou aan ‘n huis waar geloof eerste kom.
23 Apr 7AM Afrikaans South Africa Education · Health & Fitness

Other recent episodes

ABC van Ouerskap: V - Verlies

In die ABC van Ouerskap fokus ons vandag op die V vir Verlies – spesifiek kind- en swangerskapsverlies. Dit is ’n onderwerp waaroor daar dikwels min gepraat word, maar vir ’n ouer kan die verlies van ’n baba of kind ’n diep en langdurige impak hê. Kliniese sielkundige, Dr Mia…
20 Oct 5AM 11 min

Moeilike gesprekke en konflikhantering - Anja van Beek

Moeilike gesprekke is deel van die lewe – of dit nou by die huis met jou lewensmaat of kinders is, of by die werk met ’n kollega of bestuurder. Tog vermy ons dit dikwels omdat ons bang is vir konflik, iemand se gevoelens wil spaar of nie weet hoe om…
19 Oct 6AM 19 min

VERSKILMAKERS: ARC

Vir mense wat uit moeilike en traumatiese omstandighede kom, kan die pad na herstel lank wees – maar om weer ’n doel, vaardighede en onafhanklikheid te vind, kan ’n belangrike deel van daardie proses wees. Die Arise Restoration Centre is besig om juis dit prakties aan te pak met ’n…
15 Oct 5AM 8 min