Mugabe se seun kry R600 000 boete, word gedeporteer

Loading player...
Die landdroshof in Alexandra, Gauteng, het die voormalige Zimbabwiese president Robert Mugabe se seun, Bellarmine, gevonnis tot 'n boete van 600-duisend Suid-Afrikaanse rand of tronkstraf. Hy het skuldig gepleit aan die rig van 'n vuurwapen en die oortreding van immigrasiewette ná 'n skietvoorval in sy woning in Hydepark, Johannesburg. Die gewonde werknemer is 400-duisend-rand se skadevergoeding betaal. Landdros Renier Boshoff het Mugabe se onmiddellike deportasie gelas:
29 Apr 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

All Blacks kies sterk groep vir SA toer

Rugby: Die All Black-afrigter, Dave Rennie, het ʼn sterk groep van 44 aangekondig vir die Greatest Rivalry-toer na Suid-Afrika. Hy het al 34 spelers van die suksesvolle Nasieskampioenskap-veldtog behou en nog tien bygevoeg vir die toer van sewe weke. Siale Lauaki, Josh Jacomb en Semisi Tupou Ta'eiloa is die nuwelinge…
27 Jul 9AM 1 min

'Ek het nie rede gehad om inligting te betwyfel', sê Johnson

Die voormalige hoof van die Ondersoekdirektoraat teen Korrupsie, Andrea Johnson, het voor die Madlanga-kommissie getuig sy het geen rede gehad om inligting te betwyfel toe sy die ondersoek na senior polisie-amptenare gemagtig het nie. Dit sluit in die hoof van Misdaadintelligensie, Dumisani Khumalo, wat beskuldig word van bedrog en korrupsie…
27 Jul 9AM 1 min

Moenie alle migrasie-inligting glo: SA regering

Die regering waarsku die publiek om nie ongetoetste inligting in verband met migrasie te vertrou of te deel nie. Hy sê vals berigte kan vrees aanwakker, verdeling skep en vertroue in staatsinstellings ondermyn. Die regering se waarnemende woordvoerder, William Baloyi, sê Suid-Afrika bestuur migrasie deur gevestigde wette, beleide en instellings,…
27 Jul 8AM 1 min

Ovaherero dring aan op deelname aan volksmoord-onderhandelings

Rirua Komeheke, lid van die Ovaherero Tradisionele Owerheid, sê die owerheid sal voortgaan met die 1904-1908 volksmoorddebat totdat die regering hul pleidooi aanhoor. Hy beklemtoon die noodsaaklikheid om lede van die betrokke gemeenskappe aan die onderhandelingstafel te hê. Hy het gepraat tydens die Rooivlag-herdenkings in Okahandja.
27 Jul 8AM 1 min

Britse tronke sal teen November vol wees

Na klagtes deur verskeie slagoffer-families het die nuwe Britse premier Andy Burnham die vroeë vrylatingskema vir gevangenes opgeskort as tydelike maatreël. Brittanje sukkel met oorvol gevangenisse en die skema was bedoel om druk te verlig. Die voormalige minister van justisie, sir David Gauke, wat die vroeë vrylatingskema vir gevangenes aanbeveel…
27 Jul 6AM 1 min