Aktualiteit: Hantavirus - moet ons bekommerd wees?

Loading player...
Gesondheidsowerhede maan dat daar tans geen rede vir openbare paniek is oor hantavirus nie, ondanks berigte van twee buitelandse toeriste wat dood is en ’n derde wat in ’n Johannesburgse hospitaal behandel is nadat hulle siek geword het aan boord van ’n passasierskip. Die Departement van Gesondheid sê hy is deur die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes in kennis gestel van gevalle op die MV Hondius, wat van Ushuaia in Argentinië na die Kanariese Eilande onderweg was. Volgens die departement is slegs twee van die geraakte passasiers in Suid-Afrika. Hantavirus bly ’n skaars maar potensieel ernstige siekte wat deur knaagdiere versprei word. Ons gesels nou met dr. Angelique Coetzee, Ondervoorsitter UFFP (Unity Forum for Family Practitioners.
6 May 6AM Afrikaans South Africa Education · Health & Fitness

Other recent episodes

ABC van Ouerskap: V - Verlies

In die ABC van Ouerskap fokus ons vandag op die V vir Verlies – spesifiek kind- en swangerskapsverlies. Dit is ’n onderwerp waaroor daar dikwels min gepraat word, maar vir ’n ouer kan die verlies van ’n baba of kind ’n diep en langdurige impak hê. Kliniese sielkundige, Dr Mia…
20 Oct 5AM 11 min

Moeilike gesprekke en konflikhantering - Anja van Beek

Moeilike gesprekke is deel van die lewe – of dit nou by die huis met jou lewensmaat of kinders is, of by die werk met ’n kollega of bestuurder. Tog vermy ons dit dikwels omdat ons bang is vir konflik, iemand se gevoelens wil spaar of nie weet hoe om…
19 Oct 6AM 19 min

VERSKILMAKERS: ARC

Vir mense wat uit moeilike en traumatiese omstandighede kom, kan die pad na herstel lank wees – maar om weer ’n doel, vaardighede en onafhanklikheid te vind, kan ’n belangrike deel van daardie proses wees. Die Arise Restoration Centre is besig om juis dit prakties aan te pak met ’n…
15 Oct 5AM 8 min