Woord vir Vandag - 2 Junie 2026
Loading player...
“Die Here jou God sal jou dan voorspoedig maak in alles wat jy doen…” Deuteronomium 30:9 NLV
Glo God vir oorvloed
‘n Jong kunstenaar het eendag haar tante gebel om haar te laat weet dat sy op pad na ‘n luukse oord is om te probeer om haar houtsneewerk van seevoëls aan die eienaar van die geskenkwinkel te verkoop. Sy het haar tante gevra om te bid dat haar onderneming suksesvol sou wees. Haar tante het haar verseker dat sy sou bid vir die grootste bestelling wat sy nog ooit ontvang het! Daardie aand het die jong kunstenaar haar tante teruggebel. Nie net het die geskenkwinkel-eienaar al haar houtsneewerk gekoop nie, maar ook soveel houtsneewerk bestel as wat sy kon maak! Sy was vol verwondering oor hoe oorvloedig God die gebed verhoor het. ‘Nou moet Tannie asseblief weer bid,’ het sy vir haar tante gesê, ‘dat ek hierde groot bestelling sal kan nakom!’ Haar tante het geantwoord: ‘Die Here maak nie ‘n deur oop tensy Hy verwag dat ons suksesvol daardeur gaan loop nie. Wanneer ons vir reën bid, moet ons nie verbaas wees as ons ‘n wolkbreuk kry nie!’ Bid jy dat God ‘n behoefte in jou lewe sal vervul? Watter antwoord verwag jy? Wees eerlik. Die absolute minimum? Karig maar bevredigend? Of verwag jy oorvloedige, meer-as-genoeg voorraad? Staan op God se Woord: ‘Die Here jou God sal jou dan voorspoedig maak in alles wat jy doen….’ Jesus het gesê: ‘Ek het gekom sodat hulle lewe kan hê, ja, om dit oorvloedig te hê’ (Johannes 10:10 NLV). Paulus het geskryf: ‘En God is in staat om aan julle elke gawe in oorvloed te gee sodat julle in elke opsig altyd van alles genoeg kan hê én ook nog oorvloedig kan wees in elke goeie werk’ (2 Korintiërs 9:8 NLV). Glo dus in God vir oorvloed.