Woord vir Vandag - 3 Junie 2026
Loading player...
“En as ons God se kinders is, maak Hy ons ook sy erfgename. Saam met Christus deel ons in God se rykdom…” Romeine 8:17 NLV
Ken en geniet jou erfenis
Ons deel dieselfde erfenis as Christus! Wat Hy het, het ons ook! ‘…In hierdie wêreld is ons situasie immers presies dieselfde as Jesus s’n...’ (1 Johannes 4:17 DB). As ons dus mede-erfgename saam met Christus is, waarom sukkel ons deur die lewe? Om twee redes: 1) Ons weet nie van ons erfenis nie. Niemand het ons ooit vertel dat ons vanuit ‘n posisie van oorwinning veg, in plaas daarvan om vir oorwinning te veg nie. Wanneer jy jou hart vir Christus gee, het Hy ‘…al die geestelike skatte wat daar in die hemel is, verniet vir ons gegee’ (Efesiërs 1:3 NLV). Jy besit reeds alles wat jy nodig het om alles te wees wat God begeer. Jy het toegang tot al die geestelike skatte. Dit beteken ook dat God jou ‘…sal toerus met alles wat nodig is om sy wil uit te voer…’ (Hebreërs 13:21 NLV). 2) Ons glo nie in ons erfenis nie. Stel jou voor wat sou gebeur as ‘n generasie Christene vanuit hul erfenis leef. Hulle sou pornografie op die internet afskakel. Die eensames sou vertroosting in God en nie in die arms van vreemdelinge vind nie. Sukkelende paartjies sou meer tyd in gebed en minder tyd in woede deurbring. Kinders sou dit as ‘n seën beskou om na hul bejaarde ouers om te sien. ‘Mag julle insien hoe enorm groot die krag is wat God gebruik in ons wat glo. Dieselfde magtige sterkte was ook aan die werk toe God Christus uit die dood opgewek het…’ (Efesiërs 1:19-20 NLV). Dieselfde inwonende Gees wat Christus uit die dood opgewek het, sal elke ‘Ek kan nie’ van jou in ‘n ‘Ek kan’ verander. ‘Ek kan onder alle omstandighede regkom deur Hom wat my krag gee’ (Filippense 4:13 NLV).